Desperate dobbelaars plaas weddenskap, verloor, herhaal
Rooi vlae wapper oor verslawing
Die kliniese sielkundige Shaun Whittaker waarsku dat aanlyn dobbelary en sportweddenskappe die probleem van verslawing vererger, veral onder die jeug.
Van die dae van die plasing van weddenskappe op perde tot die digitale era van aanlyn dobbelary, het sportweddenskappe en dobbelary so verslawend geword dat sommige mense glo by dobbelhuise slaap.
In die hartjie van Katutura se sportweddenskapbesighede, groei die skares tydens sokkerligas, met individue wat dag na dag terugkeer en elke keer vasklou aan die hoop op ’n groot oorwinning.
Terwyl mans geneig is om op sokkerwedstryde en boerpotspeletjies te fokus, sit vroue bankvas agter dobbelmasjiene.
Dobbelhuise oraloor die land, veral in Windhoek, sien ’n bestendige stroom dobbelaars van Maandag tot Sondag, met Vrydae tot Sondae die besigste.
’n Werklose sportwedder het gesê hy plaas daagliks weddenskappe, omdat hy dit as ’n maklike manier sien om geld te maak: “Ons verloor ons geld weekliks deur weddenskappe te plaas en ons geluk te probeer.”
CASINO’S
Een dobbelaar wat al lank dobbel, wat anoniem wou bly, het ’n duidelike prentjie van verslawing, geheimhouding en enorme finansiële verlies agter Windhoek se glinsterende dobbelfasade geskets.
“Ek het dalk byna N$4 miljoen verloor net by een casino by ’n hotel, by ander plekke, miskien meer. Maar ek hou aan. Ek is elke dag daar.”
Volgens hom het sy dobbelary in 2019 begin, voor die Covid-19-pandemie.
“Ek dobbel sowat N$200 000 per maand, maklik. Die meeste wat ek by dié casino gewen het, was miskien N$60 000. Vergelyk dit met wat ek verloor het? Dit kom nie eers naby nie,” het hy gesê.
“Ek onthou by ’n casino by ’n ander hotel het ek omtrent N$400 000 oor twee nagte gewen. Maar dis dit.”
Ten spyte hiervan word sy emosionele tol onder stilte begrawe.
“Ons praat nie daaroor nie. Selfs wanneer ons ly, steek ons dit van ons families, ons vriende weg. Dis soos ’n siekte waarvan jy nie wil hê enigiemand moet weet nie,” het hy erken.
Hy sê die probleem is wydverspreid: “Mense wat nie eens werk nie, sommige is soggens daar. Ná werk gaan ander direk daarheen. Maar niemand sal vir jou sê hulle is verslaaf nie. Jy sien hulle net daar, elke dag.
“Hierdie ouens [casino-operateurs] moet ondersoek word. Dis ’n sindikaat. Jy moet soggens daarheen gaan wanneer hulle oopmaak, die syfers sal jou skok. Kom dan saans terug, dis weer vol.”
Dobbelary en weddenskappe is lank reeds ’n bron van kommer in Namibië, met groeiende gewildheid, veral onder die jeug.
Terwyl dobbelary die aantrekkingskrag van vinnige geld bied, het die tendens rooi vlae laat wapper oor die impak daarvan op jongmense, waarvan baie toenemend in siklusse van verslawing en finansiële wanhoop verval.
SIELKUNDIGE WAARSKU
Die kliniese sielkundige Shaun Whittaker het gewaarsku dat aanlyn dobbelary en sportweddenskappe die probleem vererger, veral onder die jeug.
“Dit het so maklik en toeganklik geword dat dit vinnig versprei. Vir baie voel dit soos ’n natuurlike uitbreiding van videospeletjies. Daardie gevoel van opwinding en beloning lei maklik na die wêreld van aanlyn dobbelary, wat die gedrag normaliseer. Dis gevaarlik,” het hy gesê.
“Jongmense sonder lewenservaring, is geneig om meer impulsief te wees en groter risiko’s te neem. Dis nie net ’n onskuldige tydverdryf nie, mense verloor beheer. Dit begin hul verhoudings, hul finansies en hul algehele welstand negatief beïnvloed.”
Whittaker het bygevoeg dat dobbelary dikwels ’n wanfunksionele hanteringsmeganisme word. “Wanneer mense gestres of depressief voel, dobbel hulle. Sommige oortuig hulself selfs dat dobbelary ’n uitweg uit finansiële probleme is, dat hulle die uitkoms op een of ander manier kan voorspel of beheer, wat duidelik nie waar is nie,” het hy gesê.
“Finansiële verlies lei tot dieper depressie, angs en in sommige gevalle selfs selfdoodgedagtes. Die meeste mense verloor meestal.
“Dit vererger net hul finansiële situasie, meer skuld, meer stres. Verhoudings ly onvermydelik daaronder. Geld wat vir kos, klere of gesinsbehoeftes gebruik kon word, gaan verlore weens dobbelary. In sommige gevalle pleeg mense selfs misdade om geld te kry om hul verslawing te voed.”
Die adjunkminister van onderwys, vernuwing, jeug, sport, kuns en kultuur, Dino Ballotti, het gesê matigheid is die sleutel.
“Persoonlik sien ek niks verkeerd met sportweddenskappe nie. Ek het elkeen van die drie keer wat ek probeer het, verloor en ek dink dit het vir my bewys dat ek moet ophou,” het hy gesê.
“Vir ons jongmense sou ek bekommerd wees as hulle in enige vorm aan dobbelary verslaaf geraak het en hulle aanspoor om professionele hulp te soek.”
Pogings om kommentaar van sportweddenskapmaatskappye en dobbelhuise te kry oor die impak van dobbelary op Namibië se jeug, was tevergeefs.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie