Desperaat vir werk
44% van die land se jongmense is werkloos
Die nasionale werkloosheidsyfer het volgens die Namibiese Statistiekagentskap (NSA) in 2023 op 36,9% gestaan, met werkloosheid onder jongmense wat toe 44% was.
Elke dag staan dosyne werklose mans langs Moses Garoebstraat in Khomasdal in Windhoek met die hoop om ‘n werk te kry.
Die 26-jarige Mario van Zyl is reeds jare werkloos en oorleef deur nou en dan stukwerk te doen.
“Ek het die meeste van die tyd nie geslaap nie en stap oral in Windhoek rond met die hoop om iets te kry. Van tuinwerk tot verfwerk, wat mense ook al nodig het,” sê Van Zyl.
“Die meeste dae kry ek niks. Dit is vermoeiend, maar ek het nie ‘n keuse nie. Ek het ‘n jonger broer en suster waarna ek omsien.”
Anders as Van Zyl het Kaurembi Paulus nie sy soektog na werk op die straat begin nie. Paulus het Men on the Side of the Road (MSR) genader, ‘n nie-winsgewende organisasie wat help om werkloses in kontak te bring met werksgeleenthede. Paulus het opleiding as sweiser ontvang by die Levi Akuthembu sentrum vir beroepsopleiding in Rundu, maar moes weens ‘n gebrek aan finansiële ondersteuning sy studies laat vaar.
“Hoewel ek nie my kursus kon voltooi nie, gebruik ek steeds die vaardighede wat ek geleer het om klein sweisprojekte te doen,” het Paulus verduidelik.
“MSR het my gehelp om rigting te kry en te verstaan hoe om beter vir werksgeleenthede te soek.”
MSR se uitvoerende hoof Crystal Beukes het in ‘n onderhoud met Netwerk Media Hub (NMH) verduidelik die organisasie wat in 2007 gestig is, het aanvanklik net mans gehelp wat informele werk soek. Dit het egter uitgebrei in 2016 om enige werklose individu te help.
“Ons bied gratis dienste soos die skep van ‘n CV asook opleiding vir werksgereedheid,” het Beukes gesê.
“Die enigste vereiste is dat die persoon die opleiding wat ons aanbied van twee dae voltooi en wat fokus op sagte vaardighede.”
Volgens Beukes stuur die MSR dikwels verteenwoordigers na openbare ruimtes om direk met behoeftiges te praat.
“Ons kan nie mense dwing om deel van dit te wees as hulle nie wil nie,” het sy gesê.
Volgens haar is die organisasie totaal van skenkings afhanklik.
“Ons het tans ‘n verstandhoudingsooreenkoms (MoU) met die ministerie van onderwys, vernuwing, jeug, sport, kuns en kultuur en is in die proses van onderhandeling vir een met die Universiteit van Wetenskap, Kuns en Tegnologie (Nust).
“Dit sal help om werklose individue toegang te gee tot werksgeïntegreerde opleiding en ander akademiese hulpbronne,” het Beukes verduidelik.
NMH het ook navraag gedoen by die goewerneur van die Khomasstreek, Sam Shafishuna Nujoma (Jnr.) gedoen oor watter ondersteuning in die streek vir werksoekers beskikbaar is. Volgens die goewerneur se woordvoerder Klaivert Mwandingi, is Nujoma nog net drie maande in die amp en is daar tans geen spesifieke program onder sy kantoor wat gemik is op werksoekers langs die pad nie.
Volgens die Namibiese Statistiekagentskap (NSA) staar die land ‘n ernstige werkloosheidskrisis in die gesig. Volgens ‘n NSA-verslag van 2023 het die nasionale werkloosheidsyfer op 36,9% gestaan, met werkloosheid onder jongmense wat op 44% staan. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie