Choppies-verjaardag sorg vir groot pryse

Wenners word bekend gemaak
Die gelukstrekking het gevolg op 'n bemarkingsveldtog van drie maande.
Henriette Lamprecht
Choppies Namibia het sy sewende verjaardag met ’n spesiale trekking vir sy verjaardag-bonanza gevier en meer as N$150 000 in kontantpryse en ’n splinternuwe Toyota Urban Cruiser aan gelukkige kliënte oorhandig.

Die gelukstrekking het gevolg op ’n bemarkingsveldtog van drie maande wat vanaf 17 Oktober verlede jaar tot 26 Desember geduur het. Die veldtog het ’n indrukwekkende 89 000 inskrywings gelok wat die oorweldigende ondersteuning en betrokkenheid van Choppies se gewaardeerde kliëntebasis weerspieël.

Choppies Namibia se bemarkingsbestuurder, Candice de Waal, het haar dankbaarheid teenoor kliënte en verskaffers uitgespreek vir hul volgehoue ondersteuning.



WENNERS

Julene Moller van die Erongostreek het die sleutels vir die splinternuwe Toyota Urban Cruiser ontvang, Magdelena Shikongo van Khomas is N$75 000 ryker, N$50 000 is in Inambao Kabuba in die Zambezi se sak, terwyl Paulina Shidute in Oshana met N$25 000 weggestap het.

“Ons is baie bly om ons sewende bestaansjaar te kan vier deur aan ons lojale kliënte terug te kan gee,” het De Waal gesê.

“Die Birthday Bonanza-kompetisie is ons manier om ons dankbaarheid te wys vir hul volgehoue ondersteuning,” het sy gesê.

Die veldtog is deur 60 verskaffers ondersteun met Choppies wat deurgaans verskeie inisiatiewe vir kliënte geïmplementeer het.

Dit het ’n weeklikse Spin and Win-radiokompetisie ingesluit wat meer as 3 000 inskrywings gelok het.

Gelukkige kliënte het ’n geskenkpak gewen wat deur die Verskaffer van die Week geborg is. Die “Shopping Genie” het ’n verrassingsbesoek aan al 23 Choppies-winkels gebring en lukraak koopbewyse aan kliënte uitgedeel as ’n blyk van waardering.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-04-30

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer