Bejaardes bederf
In ’n deernisvolle gebaar van omgee het ’n groep gemeenskapslede onder leiding van Amanda Gaoses, haar man Given, en ’n groep vriende, die Immanuel-ouetehuis op Okahandja besoek.
Die besoek is deel van ’n inisiatief wat reeds ’n geruime tyd in wording is.
“Ek en ’n groep van my vriende het verlede jaar hierdie reis aangepak,” vertel Gaoses.
“Ons het aanvanklik beplan vir Desember, maar toe eerder op Januarie besluit om so te help om die ‘Janu-worry blues’ hok te slaan.”
Ná vorige besoeke aan die ouetehuis was Gaoses en haar span deeglik bewus van die uitdagings wat die bejaarde inwoners in die gesig staar.
“Die meeste van hulle is totaal afhanklik van maatskaplike toelaes en het bitter min,” sê sy.
Dit het Gaoses en haar groep soveel meer gemotiveer om ’n betekenisvolle impak te maak.
Die groep is met ope arms tydens hul kuier by die oues verwelkom.
“Hulle was besig om lofliedere te sing terwyl hulle vir ons gewag het,” onthou Gaoses.
“Hulle geduld en die gevoel van die gemeenskap wat hulle deel, is werklik inspirerend.”
SPESIALE MAALTYD
Voor hul besoek het die groep die ouetehuis se matrone geraadpleeg om die behoeftes van die inwoners te bepaal.
Hiervolgens is klein geskenkpakkies saamgestel wat noodsaaklike lyfprodukte bevat het. Elke inwoner het ook ’n spesiale maaltyd ontvang wat deur Vivien Akwaake, ’n gekwalifiseerde sjef, voorberei is.
Die gebaar is met opregte dankbaarheid van die senior burgers begroet.
“Hulle was so vriendelik en so dankbaar vir die min wat ons gedoen het,” het Gaoses vertel.
Dit was egter nie ’n eenmalige besoek nie en Gaoses en haar groep het hulself daartoe verbind om die ouetehuis elke twee maande met ’n spesiale bederf te besoek.
Sy hoop om die breër gemeenskap ook te betrek om die dorp se bejaarde inwoners te ondersteun.
“Ons moet na ons ouers omsien en hulle waardeer. Somtyds het hulle net geselskap nodig,” het Gaoses beklemtoon.
“Liefdadigheid begin by die huis.”
SPAN
Die sukses van die inisiatief is moontlik gemaak danksy spanwerk, met Gaoses wat haar dank uitgespreek het teenoor haar man, Vivien Akwaake, Leatitia Akwaake en almal wat ’n bydrae gelewer het.
Sy was ook vol lof vir die pogings van die matrone en haar span wat die ouetehuis soos ’n goed-geoliede masjien laat funksioneer.
“Hulle doen wonderlike werk!”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie