Baines CML-tak vier 30 jaar
Op 6 Augustus vanjaar was dit 30 jaar gelede dat Christelike Mobiele Lektuur (CML) sy tak in die Baines-inkoopsentrum in Pionierspark geopen het.
Dié tak wat nou reeds vir drie dekades veral die inwoners van Academia en Pionierspark sowel as die bejaardes van die nabygeleë Seniorpark bedien, was CML se tweede tak. Die eerste en die hooftak in die Gustav Voigts-inkoopsentrum in die middestad is volgende jaar ’n halfeeu oud.
Die winkel in Baines het voor CML sy deure hier geopen het, aan Youth with a Mission (YWAM) behoort. Nadat dit eers deur stortreën en toe deur ’n brand beskadig is, was die bestuurspan dit eens dat die Here hulle hiervan weglei.
Twee vroue en inwoners van Pionierspark het CML se bestuurder, Edgar Laue, genader en gevra of hy nie weer ’n Christelike boekwinkel hier wil open nie. Die res, soos hulle sê, is geskiedenis en twee weke later open die tak in dieselfde winkel wat jare later steeds met ’n verskeidenheid Afrikaanse en Engelse boeke, Bybels in verskillende tale, musiek, Bybelomslae en vele meer spog. Die tak se eerste bestuurder was Saggie Loots.
CML het voor 1974 as Die Boekkamer op Wiele bekend gestaan omdat die boekwinkel in ’n vragmotor gehuisves was. Daarna is ’n kantoor en winkel in 35 Churchstraat in Windhoek bedryf waarna dit kort na die ontstaan van die Gustav Voigts-inkoopsentrum in 1974 hierheen geskuif het.
CML val onder ’n interkerklike organisasie, die Afrika Evangeliese Bond (AEB) wat in 1924 gestig is. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie