Aspersieplaas ‘hou nié die reën weg’

Dis misleidende inligting, sê goewerneur
Mnr. Carlos Lerchundi van Otjimbele Asparagus het aan ontstoke plaaseienaars en inwoners van Etunda die doel van die weertoestel verduidelik.
Tuyeimo Haidula
Ontstoke plaaseienaars en inwoners van Etunda en omliggende gebiede in die Onesi-kiesafdeling in die Omusatistreek het Vrydag gevra dat Otjimbele Asparagus sy bedrywighede by die Etunda-groenskema staak aangesien dit die reën weghou.

Die groep het later die klagskrif wat vra vir die sluiting van die projek teruggetrek, maar het volgehou die weerstasie by die projek is ’n instrument wat gebruik word om die reën “te vernietig”.

Die goewerneur van die Omusatistreek, mnr. Erginus Endjala, het Vrydag by Otjimbele Asparagus se besturende direkteur, mnr. Carlos Lerchundi, aangesluit om die doel van die toestel – wat volgens hom belangrik is vir die bedrywighede van die maatskappy – aan die betrokke groep te verduidelik.

Die projek, wat in 2018 teen ’n koste van N$25 miljoen by Ruacana van stapel gestuur is, het tans 320 mense in diens en in die spitsseisoen 600.

Endjala het onlangs tydens ’n telefoniese onderhoud met ons susterkoerant Namibian Sun gesê hy is bewus van die publiek se opvattings oor die saak, maar dié inligting is verkeerd.

Endjala het geskerts dit het die afgelope week op Outapi en Etunda gereën en geen hoeveelheid aspersies kon dit keer nie.

Hy het na die skeptici gekap en gesê pleks daarvan om bekommerd te wees oor Namibië se hoë werkloosheidsyfer en gepaardgaande armoede, is mense bekommerd oor dié tipe gerugte.

FOPNUUS “Hierdie misleidende inligting het in 2019 tydens verkiesingsveldtogte kop uitgesteek. Die persoon wat daardie inligting begin versprei het, wou die nasie verwar vir sy persoonlike belang. Hy praat net oor die nadele [van aspersies], maar nie die voordele daarvan nie,” het Endjala gesê.

Hy het inwoners van die streek wat ongelukkig oor die projek is, uitgedaag om die kantoor van die ombudsman te nader sodat die saak ondersoek kan word.

“Die persoon wat daardie aantygings begin het, is ’n openbare vyand wat probeer om spanning tussen die regering en die publiek te skep,” het hy gesê.

“Reëlings is met die ministerie van landbou getref om ’n span landbouwetenskaplikes te stuur om die weerstasie en die aspersiesplante te inspekteer.”

TOORDERY Lerchundi het ontken die aspersiesplaas het iets laat “installeer” om die reën te keer.

Hy het gesê die plaas het ’n weerstasie, wat noodsaaklik vir elke kommersiële boer is en dit word gebruik om daaglikse temperatuur, humiditeit en verdamping te meet.

Lerchundi het gesê dieselfde weerstasie is ook by die Etunda-plaas opgerig, wat deur die regering besit word.

“Ek kan nie iemand wat in toordery glo anders oortuig nie. Sommige mense wil die projek ondermyn deur vals aantygings te versprei dat ons iets het wat die reën weghou,” het hy gesê en bygevoeg hulle het baie reën by Etunda, Ruacana en Oshifo ontvang.

Hy sê 700 gesinne in die streek baat by dié plaas met meer as 400 mense wat daar werksaam is. Hieruit is die helfte permanente werknemers.

“Die 190 hektaar lewer tans ’n oes van sowat sewe ton aspersies, wat neerkom op meer as 180 ton per maand. Die oestydperk neem ses maande en begin in Januarie,” het Lerchundi gesê. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28% Sport results: Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Weather: Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28%