Aranos se Spar verrys uit die as
Die historiese Viëtor en Raaf Spar op Aranos is al vir 70 jaar, sedert 1955, ’n baken van dié dorp in die Hardapstreek.
Dit was voordat die winkel op 28 Februarie vanjaar weens ’n elektriese kortsluiting in die dak afgebrand het.
Dié ikoniese winkel maak op Donderdag 4 Desember, ná sowat nege maande, amptelik weer sy deure oop. Jan en Magdaleen Schreuder het vandeesweek toesig gehou oor die gewoel en gewerskaf terwyl die laaste voorbereidings vir die groot openingsdag getref word.
Die hele gesin is betrokke, insluitend al drie hul kinders en gades, wat die afgelope 12 tot 13 jaar hard gewerk het, saam met die ses kleinkinders, om die winkel se bedrywighede vlot te laat verloop. Duane en René Schwarz, Hugo en Zantie Schreuder, Elmarie en Riaan Louw, asook Ouma Pollie du Plessis se opgewondenheid bou op namate die groot dag nader kom.
Volgens René was dit ’n donker dag vir die familie toe die brand die gebou verwoes het. Elmarie sê hulle het deur die nag probeer om die brand te blus, dit was egter tevergeefs, want die Saterdagoggend was die gebou in puin gelê.
Die familie het egter nie lank in sak en as gesit en huil nie. Hulle het van voor af begin en binne ’n maand en ’n half was ’n klein bakkery en ’n restaurant net ’n paar treë in die straat af aan die gang, sê René.
Byna 50 werknemers het ingespring en gehelp waar hulle kon. Selfs diegene wat vir eers huis toe kon gaan, het besluit om te bly net om iets te doen om te help.
René sê “die personeel het regtig ons hande gevat, ons kon al die poste behou en almal kon steeds hul volle salarisse verdien”.
Die hele dorp het ’n help-mekaar-benadering getoon, met kerkmense wat kom bid het vir die sukses van die heropbou, asook groot ondersteuning wat inwoners van Aranos gebied het en die vinnige, goeie konstruksiewerk waarmee Bindeman Construction die werk vanaf Junie aangepak het, sê sy.
“Spar het ook baie gehelp.”
GESKIEDENIS
Volgens berigte uit Republikein se argief het H.K. Vogelbrück die Vogelweide op Nabus in 1924 begin. Twee waens, elk getrek deur 24 donkies, het oor 28 dae voorrade van Mariental heen en weer vervoer.
Gedurende 1952 het Ann Viëtor en P. Raaf die winkel by Vogelbrück gehuur. Die poskantoor was by die winkel en Viëtor het albei behartig. Teen daardie tyd was daar reeds busvervoer en die bus het die voorrade en pos twee keer per week van Mariental af gebring.
Gedurende Februarie 1955 het haar seun Ekko begin om die winkel op Aranos te bou. Op 28 November, op Viëtor se 50ste verjaardag, is die winkel Viëtor en Raaf geopen.
Viëtor en Raaf het die winkel vir byna tien jaar besit totdat Viëtor se seun, Ulf, en sy vrou, Helga, dit in 1964 oorgeneem het.
In Maart 1973 het Ulf die winkel aan Daan Kotze en Hans du Plessies verkoop en hulle was in vennootskap tot Hans se dood op 30 Julie 1988. Jan en Magdaleen Schreuder het op 1 Julie 1988 aangesluit.
Dankbaarheid, samewerking, veerkragtigheid en deursettingsvermoë bly tot vandag toe die fondament van Aranos se merkwaardige Spar se nuwe voorspoed.
– [email protected]
Klik op die skakel https://q.my.na/8PYQ

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie