Wika in Wonderland
Die 72ste Windhoek Karnaval (Wika) het Saterdag sy jaarlikse straatoptog in Onafhanklikheidsrylaan gehou met groot opgewondenheid wat onder oud en jonk geheers het toe hulle met lekkergoed en ’n skuimpartytjie bederf is. Wika se optog het by Stad Windhoek afgeskop met die seremoniële oorhandiging van die stad se sleutel aan die prinsepaar, Prinses Tatjana I von dem Roten Teppich (Sircoulomb) en Prins Kolja I der Architekt des Frohsinns (von Wenzel). Vanjaar se tema is Karnaval in Wonderland. Foto Svenja Hecht


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie