Melisa Smith probeer u0027n 16de krat bysit om nog hou00EBr te klouter. Foto Brian Munango
Melisa Smith probeer u0027n 16de krat bysit om nog hou00EBr te klouter. Foto Brian Munango

Vasstaan midde onweerswinde

Dani Booysen

Die dag waarop alles gereed gestaan het vir die Gobabis Skou om die volgende dag af te skop, het die nuus Woensdag gebreek van ’n bek-en-klouseeruitbreking in die diep Suide.

Gou is daar besluit om deur te druk, soos ook op Grootfontein gedoen is.

Dis ’n gemeenskap wat hande gevat het, het Stefan Botes Saterdag aan NTV Afrikaans se Skou-Rondomtalie verduidelik.

William Versfeld, ook van die skoukomitee, het met die wegtrek benadruk: “Ons het ’n gemeenskap om te dien.”

Agri Monitor berig vandeesweek oor die veeskou se wenners en hier is die wenners en naaswenners in al die ander skoupret.


STERKMAN

Francois Wiese was die spiertier. Hy het binne 18 sekondes tien 50 kilogram-voersakke gelaai.

Klein, maar sy ken van vasklou en klouter. Melisa Smith het 15 kratte hoog gevorder in die kratklimuitdaging.

Klein Corne Bosman was die windbukskampioen.


SPORT

Die Thorn Fifty, ’n 50 kilometer-wedloop en –wedren, was ’n nuutjie met die doel om sporttoerisme in die Omahekestreek te bevorder. Dit was ook ’n fondsinsameling van Gobabis Gymnasium.

Die solo-wenners was Buks Gous, in ’n tyd van 5 uur 25 minute en Mareli Delport. Sy het die strawwe uitdaging in 7 uur 58 minute voltooi.


Ander uitslae in die Thorn Fifty:

Fietsry

1. WP Michau (1 uur 59 min.)

2. Ben Dauth

3. Nadine Gerber


Kinders

1. Hugo Pienaar (2 uur 43 min.)

2. Liam Pienaar en Elia Emula


Aflosdraf

1. Pacemakers (3 uur 52 min.)

2. Thornados (5 uur 14 min.)

3. Dust Crew (5 uur 19 min.)

In vlugbal was Gobabis se polisie die wenners, met die plaaslike beroepsopleidingsentrum (VTC) in die tweede plek. Die ⁠Summerdown Boerevereniging het brons ingepalm.


Kommentaar

Republikein 2026-10-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer