Toerisme en vermaak op sy beste

Die Toerisme Ekspo is vanjaar weer in Windhoek aangebied ná ’n afwesigheid van twee jaar.

Die 100 uitstallers het ’n wye verskeidenheid produkte ten toon gestel, met onder meer verblyfplekke en vermaakgeriewe; instandhoudings- en voorsieningsgerigte instansies; en wyn, bier, whiskey en jenewer wat aangebied is.

Die ses finaliste vir die Toeriste van die Jaar 2022-’23 is ook aangewys. Die finaliste sal in die nabye toekoms hul bestemmings besoek en sal hul ervarings met Namibia Media Holdings (NMH) se lesers en kykers deel.

Copper and Coal Distillery Company Namibia en Zebra Trailers CC se stalletjies is as die platinumwenners by vanjaar se ekspo aangewys.

Twintig goue sertifikate, asook 14 silwer en 40 brons is aan uitstallers uitgedeel.

Altesaam 6 053 besoekers het in drie dae die ekspo besoek en het die 100 stalletjies wat aanwesig was 3 000 keer gegradeer. Gondwana Collections is as die wenner van die gewildste stalletjie aangewys.

Cape Winelands het die NTV-keusetoekenning as een van die beste stalletjies vir 2022 ontvang.

Die Namibiese en Suid-Afrikaanse kunstenaars Big Ben, Alinda Lu’Mar, Nostalgie, Willem Botha en GoodLuck het besoekers vermaak en vir ’n energieke atmosfeer by dié spesiale geleentheid gesorg.

Kommentaar

Republikein 2022-12-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer