Uitvoerende direkteur van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste mnr. Ben Nangombe met die adjunk direkteur-generaal van die ACC, advokaat Erna van der Merwe.
Foto Augetto Graig
Uitvoerende direkteur van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste mnr. Ben Nangombe met die adjunk direkteur-generaal van die ACC, advokaat Erna van der Merwe. Foto Augetto Graig

Staan saam teen korrupsie

Media-ombudsman kap na wetgewers
Die uitvoerende direkteur van gesondheid sê Namibië het sy Covid-19-verwante verkryging deursigtig bestuur.
Augetto Graig
Augetto Graig

Die Teenkorrupsiekommissie van Namibië (ACC) het Maandag Afrika-teenkorrupsiedag saam met die res van die vasteland gevier.

Die Afrika-unie (AU) het 11 Julie as Teenkorrupsiedag in Afrika verklaar. Die ACC het die AU se tema “Strategie en meganismes vir die deursigte bestuur van Covid-19-fondse” herhaal, maar ook beter samewerking met ondersoekende joernaliste benadruk.

Die adjunk-direkteur-generaal van die ACC, adv. Erna van der Merwe, het gesê: “Saam sal ons Namibië 'n toonaangewende voorbeeld van goeie bestuur maak, ’n gebaar wat die res van die deelnemende lande kan nastreef.”

Sy sê die tema van die dag wat handel oor Covid-19-befondsing kom op die regte tyd.

“Geen twyfel bestaan dat korrupsie tydens krisistye floreer nie, en die voortdurende globale pandemie is nie ’n uitsondering nie.

“Gedurende Covid-19 kan die stryd teen korrupsie die verskil tussen lewe en dood beteken; tussen voldoende voedsel en hongerte; tussen ’n dak oor jou kop of om haweloos te wees,” brei sy uit.

“In Namibië het die Teenkorrupsiekommissie nie klagtes van korrupsie wat ondersoek moes word rakende die direkte bestuur van Covid-19-fondse ontvang nie,” het sy gesê.

Die uitvoerende direkteur van gesondheid en maatskaplike dienste, mnr. Ben Nangombe, sê die regering was besig met ’n ramprisikobestuursplan toe die pandemie op 13 Maart 2020 in Namibië uitgebreek het.

Die koste verbonde aan die plan is spoedig onder die regering se aandag gebring en N$727 miljoen is aanvanklik daarvoor begroot.

Verdere skenkings is na die kantoor van die eerste minister in beheer van ’n doelgerigte fonds gestuur, terwyl sy ministerie mediese toerusting en voorraadskenkings behartig het.

“Die verslag wat die aanspreeklikheid vir Covid-19-verwante bedrywighede aandui, is saamgestel en by die ouditeur-generaal se kantoor ingedien,” sê hy.

“Ons het duidelike rekord van verkryging in verband met Covid-19-verwante items en ons kan die verslag voorsien,” voeg hy by.

Die ACC se hoofwoordvoerder, me. Josefina Nghituwamhata, het gesê daar was een geval waar iemand Nangombe se handtekening vervals het. Die persoon het met daardie brief geld probeer insamel. Die ACC se ondersoek is aan die gang om die amptelike stempels op te spoor wat op die vervalsde dokument gebruik is.

“Ja, mense het probeer om misbruik van die krisis te maak en talle voorvalle van vervalste handtekeninge en dokumente het voorgekom,” het Nangombe beaam.

Die ministerie het op drie verskillende geleenthede waarskuwings uitgereik,” het hy gesê.

Volgens hom is diefstal van Covid-19-voorraad by die ministerie by die Namibiese polisie aangemeld.

Ná die amptelike toesprake het die ACC ’n paneelbespreking met mnr. Graham Hopwood, uitvoerende direkteur van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing (IPPR); mnr. John Nakuta, die media-ombudsman; prof. Eno Akpabio van die skool vir geesteswetenskappe, samelewing en ontwikkeling by die Universiteit van Namibië (Unam); dr. Hugh Ellis, afdelingshoof: joernalistiek en kommunikasietegnologie by die Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust); en Jemima Beukes, joernalis en adjunk-sekretaris-generaal van die mediavakbond Nampu aangebied.

Nakuta het veral die politici en wetgewers verkwalik vir hul traagheid om korrupsie te bekamp. Hy sê die Wet op Beskerming van Hokaairoepers is vyf jaar na aanneming nog nie van krag nie en die sloerdery om die wetsontwerp op toegang tot inligting aan te neem, is beide voorbeelde dat wetgewers nie hul volle samewerking gee nie. Hy is ook bekommerd oor die impak wat die regulasies op die rekordhouding van selfoonkommunikasie vanaf volgende jaar op hokaairoepers sal hê.

Nghituwamhata het verseker dat opleiding vir joernaliste binnekort sal plaasvind om die media meer doeltreffend as vennoot in die stryd teen korrupsie in te span.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.38 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.02 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 343.54/OZ UP +1.18% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.70% | Zinc US$ 2 876.90/T UP 2.51% | Brent Crude Oil US$ 87.30/BBP DOWN -0.0079 | Platinum US$ 908.44/OZ UP +0.70% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.38 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.02 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 343.54/OZ UP +1.18% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.70% | Zinc US$ 2 876.90/T UP 2.51% | Brent Crude Oil US$ 87.30/BBP DOWN -0.0079 | Platinum US$ 908.44/OZ UP +0.70%