Beste in die Ooste. u2019n Toneel by verlede jaar se Gobabis Skou. Foto Simone Kauert
Beste in die Ooste. u2019n Toneel by verlede jaar se Gobabis Skou. Foto Simone Kauert

Sien julle op Gobabis!

Dani Booysen

Gobabis se skou begin Donderdag en duur tot Saterdag – die grootste landbou- en gemeenskapsaamtrek in die Ooste.

Dis Cattle Country en 162 beeste sal ten toon gestel word, asook 70 osse. Die kleinvee-aanbod beloop 240 diere.

Al die beesrasse sal vanjaar daagliks in die skouring te sien wees.

Danie Opperman, voorsitter van die skoukomitee, sê die diere bly die hart van die skou. “Dit is ongelooflik hoeveel moeite gedoen word om hulle skougereed te kry.”

NTV Afrikaans se Skou-Rondomtalie gaan ook daar wees saam met Agri Monitor, Kletskompas en Gooi Kole.

Sport is deel van die fees, met die Thorn50-wedloop Saterdag om 06:00 en ’n mini-vlugbaltoernooi dieselfde oggend. Die modeparade is Vrydag om 18:00.

Kampioendiere word Saterdag om 18:00 ná 'n hondedemonstrasie, die ringparade en 'n mini-perdeskou aangekondig. Hierdie aanloop tot die prysuitdeling begin om 14:30.

Kindervermaak kry vanjaar spesiale aandag, terwyl Vaughn Ahrens en Neil Somers die musiekvermaak gaan verskaf.

– [email protected]

#SkouRondomtalie


Kommentaar

Republikein 2026-10-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer