Santa Fun Run gaan Oshakati toe
Swakopmund, Windhoek was ’n fees
Die pretgeleentheid vind vir die eerste keer in Oshakati op Saterdag 27 Desember om 06:00 in die strate van Ekuku plaas met registrasie wat amptelik op 25 Desember.
Die Mekenificent Santa Fun Run and Walk het vir die tweede jaar in Swakopmund plaasgevind en sowat 200 deelnemers gelok wat 5 km of 10 km gestap of gedraf het.
Deelnemers het bygedra tot die feestelike gees deur as Kersvader of elwe aan te trek en vakansievreugde na die Swakopmund Mole te bring.
Die organiseerder van die geleentheid, Meke Namindo, het verduidelik dat die hoofdoel van die Santa Run is om bewustheid oor waterveiligheidsprogramme te verhoog en om verdrinkingsvoorkomingsinisiatiewe te ondersteun. Sy het bygevoeg dat die ingesamelde geld die volgende jaar gebruik word vir liefdadigheidsprogramme wat senior burgers en minderbevoorregtes bevoordeel.
“Swakopmund was weer eens propvol energie. Ek dink hulle wou nie hê Windhoek moes hulle oortref nie, so hulle het die momentum behou. Hulle het verlede jaar goed gedoen en vanjaar het hulle selfs sterker teruggekom,” het Namindo gesê.
Sy het bygevoeg dat die span ook daarna uitsien om die geleentheid vir die eerste keer in Oshakati aan te bied. Dit vind plaas op Saterdag 27 Desember om 06:00 in die strate van Ekuku.
Registrasie vir Oshakati sluit amptelik op 25 December 2025. Registreer by https://mekenificent.com/run.
“Ek wens almal 'n veilige vakansie toe – sorg vir mekaar, wees lief vir mekaar en versprei positiewe energie.”
Hier is van die vrolike tonele in Windhoek en Swakopmund.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie