Op pad na Nampo
Agri Monitor se Francoise Steynberg, Carli Abrantes (Enjoy Travel) en Johan en Hennie Geldenhuys van Synergi gaan met trots die Namibiese vlag laat wapper by die grootste en invloedrykste landbouskou in die Suidelike Halfrond, Nampo, wat vanaf 13 tot 16 Mei in Bothaville in Suid-Afrika plaasvind. Die skou bied aan produsente, landbou-ondernemings en diensverskaffers ’n platform om op een plek te ontmoet, saam te werk, sake te doen en bymekaar te leer. Ons vier trotse verteenwoordigers se besoek is moontlik gemaak deur Agra, Pupkewitz Toyota en Pick n Pay en hulle is uitgevat in klere van Agra Safari Den, Pure Plaas en eg Namibiese velskoene en ander leerprodukte van Shilongo Leather Works. FOTO VERSKAF
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie