Namibië gasheer vir wêreldavontuur
Henriette Lamprecht - Selfontdekking, spanwerk, asemrowende landskappe en ’n uitdagende terrein.
Gooi dit saam om menslike uithouvermoë tot die uiterste te toets wanneer die toppunt van uithourenne vanjaar vir die eerste keer in Namibië gaan plaasvind.
“Adventure Racing is meer as net ’n resies, dit is ’n reis van selfontdekking en spanwerk,” sê Adventure Racing World Series se uitvoerende hoof, Heidi Muller.
“Namibië se asemrowende natuurskoon en uitdagende terrein verskaf die perfekte agtergrond vir hierdie epiese avontuur.”
Muller verduidelik spanne wat aan Adventure Racing deelneem, moet saamwerk om uitdagings te oorkom en die roete suksesvol te navigeer. Met dissiplines wat wissel van bergfietsry deur ruwe terrein tot kajakke wat versnellings moet aandurf, is atlete aangewese op hul uithouvermoë, strategie en veerkragtigheid om die roete suksesvol te voltooi.
Adventure Racing behels spanne van vier atlete wat ’n uitmergelende reis oor 500 kilometer aandurf. Die resies sluit ’n verskeidenheid terreine en uitdagings in en wat bergfietsry en kajakroei insluit.
Adventure Racing World Series bring die wêreld se top- uithou-atlete in avontuurwedrenne oraloor die wêreld byeen. Dit sluit in kwalifiserende ekspedisies van drie tot tien dae in aanloop tot die jaarlikse wêreldkampioenskap, sowel as streekwedrenne van 12 tot 36 uur in wat ’n toeganklike roete tot die sport is.
Die uithouwedren skop amptelik in Mei in Walvisbaai af en met ’n kwalifiserende item wat beloof om deelnemers tot hul uiterste te beproef soos hulle Namibië se uiteenlopende landskappe aandurf. Die natuurlike struikelblokke wat deelnemers se fisieke en geestelike uithouvermoë gaan toets, sluit van ruwe berge tot uitgestrekte woestyne in.
Deelnemers vertrek vir die begin van die resies op 26 Mei uit Windhoek na die beginpunt by die seiljagklub in Walvisbaai se waterfront.
Die resies begin met kajakke, gevolg deur ’n spesiale vlagseremonie. Op 28 Mei sal die eerste spanne na verwagting per voet in Swakopmund via Strandstraat by die Delight-hotel aankom. Spanne sal voortgaan om van 28 Mei te voet via Strandstraat tot by die Delight Hotel aan te kom. Dit is die hoogtepunt van die resies vir dié spanne.
Spanne sal voortgaan om vanaf 28 tot 31 Mei in Swakopmund aan te kom, met deelnemers wat die resies op hul eie pas voltooi. Die toekenningseremonie vind op 1 Junie plaas met die burgemeester van die kusdorp wat die pryse aan die wenners sal oorhandig. Wenners van dié kwalifiserende geleentheid wen ’n outomatiese inskrywing om aan die Adventure Racing Wêreldkampioenskap in Huairasinchi, Ecuador deel te neem. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie