My f**, Marelize op Silwerskermfees
Hoe moeilik kan dit wees?
Dit is 'n viering van die lewe. 'n Tentoonstelling van hoe ons mense in Namibië en Suid-Afrika elke uitdaging met 'n grap begroet en dit met humor aanpak.
Die video van die oomblik op 23 Februarie 2019 toe sy met ‘n geleende fiets in ‘n rugbypaal op die sportveld van die Windhoek Afrikaanse Privaatskool vasry, het van ‘n Namibiese nooi oornag ‘n media-sensasie gemaak toe dit op sosiale media die wêreld ingestuur is. Marlize Horn, toe 19, se kitsroem danksy die video van haar fietsryflop, het haar ‘n gewilde gas op van radio- en televisieprogramme tot in artikels in van koerante tot tydskrifte gemaak. Die nou beroemde video is deur ma Heidi geneem om aan ‘n au pair-agentskap in Nederland te stuur om te bewys Marelize kán fietsry. Marelize se plan was om au pair-werk te gaan doen om te spaar vir haar groot droom om op ’n sendelingskip te gaan werk. Twee jaar voor dáárdie video en Heidi se benoude oproep wat ‘n slagspreuk en gesprekspunt by van braaivleisvure tot kantoorpraatjies sou word, is aggressiewe borskanker by Heidi gediagnoseer. Marelize en haar ousus Wilmari was so geraak deur hul ma se siekte, dat die sussies hul hare wou afskeer. Heidi wou egter niks daarvan weet nie en het dit baie duidelik gemaak dat sy wou hê die hegte gesin se lewe moet ten spyte van haar diagnose so normaal as moontlik voortgaan. Want dit help nie ‘n mens gaan sit in jou kamer en huil nie.
Met Marelize en Heidi as inspirasie maak die speelfilm My f*k, Marelize! Sy buiging op die Silwerskermfees in Augustus in Kaapstad as ‘n grootwordstorie gegrond op ‘n ware verhaal wat ‘n nasie geïnspireer het. Met Je-ani Swiegelaar, Zandelle Meyer, Neels Clasen en Nichola Viviers vertel die speelfilm die verhaal van Heidi, ’n vrou met ’n sterk wil wat haar kanker wegsteek vir haar familie. Marelize, haar ongeluksvoëldogter, moet leer hoe om ’n fiets te ry om ’n au pair in Nederland te word. Hoe moeilik kan dit wees?
Twee Namibiese vervaardigers, Joel en Sophie Haikali van Joe Vision Productions, bied saam met die Suid-Afrikaanse regisseur Zandré Coetzer en die Safta-bekroonde draaiboekskrywer Brett Michael Innes (Sink, Fiela se kind), dié produksie op die silwerdoek aan.
“Wanneer mense aan die frase ‘my f**, Marelize’ dink, verwag hulle seker slapstick-komedie oor ’n tiener wat alewig in alles vasloop,” vertel Zandré wat haar debuut as regisseur vir vollengte fliek maak.
“Hierdie is ’n viering van die lewe. ’n Tentoonstelling van hoe ons mense in Namibië en Suid-Afrika elke uitdaging met ’n grap begroet en dit met humor aanpak,” vertel sy.
Draaiboekskrywer Brett beaam die storie van die Horn-gesin het soveel meer diepte as dit.
“Ek was bevoorreg om tyd saam met die Horn-gesin deur te bring en om hul dinamika te aanskou het my ’n duidelike visie vir die fliek gegee. As ’n Afrikaner is dit baie spesiaal om my taal, kultuur en mense te vier in ’n storie wat tot ons humor en manier van lewe spreek.”
Vir Joel vier die fliek “ons eienaardige Namibiese sjarme en ryk gees met baie humor en ons eie geur van Afrikaans. Dit is ’n fliek vir die hele gesin”.
My f**, Marelize’ maak op Woensdag 20 Augustus om 19:00 haar buiging Op die Blou Tapyt by die Silwerskermfees in die Bay Hotel. Kliek hier om na die lokprent te kyk - q.my.na/36PR

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie