'Lank lewe die Republiek van Namibië!'
“Sonder ’n stryd is daar geen vryheid nie. Sonder ’n stryd is daar geen beloning nie; daar is geen vooruitgang nie en daar is geen ontwikkeling nie.”
Só het president Nangolo Mbumba gister in sy toespraak gesê tydens die 34ste Heldedag-vieringe wat vanjaar op Omuthiya in die Oshikotostreek plaasgevind het. Honderde het die vieringe bygewoon waaronder talle amptenare en lede van die Namibiese weermag.
Tydens die vieringe het deelnemers met hul tradisionele drag gespog, Namibiese vlae het in die wind gewapper en valskermspringers het uit die lug geval.
“Laat ons op 26 Augustus ons stryd vir onafhanklikwording herdenk en ons soewereiniteit vier, en onsself daaraan herinner dat ons vryheid nie op ’n skinkbord gegee is nie.
“Lank lewe die herinnering aan Namibië se helde en heldinne. Lank lewe die veterane van die vryheidstryd. Lank lewe die Republiek van Namibië!" het Mbumba sy toespraak afgesluit.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie