No Image Caption

Kuskonsert vir renosterbewaring

Yandi Du Plessis
Verskeie plaaslike kunstenaars soos Sagarias Tsam en Janelle Botha, sowel as Suid-Afrika se Andra Cilliers, sal op 10 Desember kragte saamspan vir ‘n gesamentlike optrede ten bate van die Rhino Momma Project by Sound Garden in Swakopmund.

Die Rhino Momma Project se wees-renosterkalfie Lilly het talle Namibiërs se harte gesteel voordat sy minder as ‘n maand gelede aan ‘n dermparasiet dood is. Dié geldinsamelingsgeleentheid is ter ondersteuning van soortgelyke bewaringsinisiatiewe in Namibië, wat genoegsame fondse nodig het om suksesvol uitgevoer te kan word.

Kontak Nadja by 081 622 2212 om ‘n tafel te bespreek.

Kommentaar

Republikein 2022-12-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer