'Jesus is God se grootste geskenk'
Los verskille op Kersfees
Van ’n Bybelse standpunt is dit belangrik om onsself te herinner dat alhoewel daar verskille in teologie is, sê die Bybel in Efesiërs ons word gered in geloof en dit is ’n genadegawe. Dit is nie deur ons werke of hoe goed ons is nie, so elke wedergebore gelowige wat die naam van Jesus aanroep, is ons broer en ons suster. Ons is een familie.
Dít is die boodskap van pastoor Naas Vermaak van Christian Revival Church (CRC) Windhoek in gesprek met pastoor Rias Oberholzer van die New Life Center op vandag se Kersuitsending van Netwerk Televisie (NTV) se Afrikaanse program, Kletskompas.
"Ons weet ons is God se nasie. Dit is soos een land, maar met verskeie stamme. Ons is miskien van verskillende stamme, maar ons eenheid is in Christus en hy kom terug vir die hele liggaam – nie vir CRC of vir New Life Center nie, maar hy kom terug vir ieder en elk wat in hom glo," verduidelik Vermaak.
Hy herinner gelowiges daaraan om nie die betekenis van die dag te verloor nie. "Partykeer kan Kersfees ’n bietjie materialisties raak. Mense hou van die boom en hulle hou van die geskenk, maar eintlik is die grootste geskenk op Kersfees God se liefde geopenbaar aan ons," sê Vermaak.
Vir Oberholzer is die prag van Kersdag die gesamentlike erkenning van die dag se betekenis. "Die wonderlike ding vir my is die Aarde wat stilstaan en sê Hý ís gebore. Daar is baie keer min goed wat ons almal oor saamstem en veral as jy kyk na die verskillende gemeentes in die liggaam van Christus. Hierdie is die een dag wat ons almal oor saamstem en onthou Jesus is gebore," sê Oberholzer.
"Die vrug van dit vir my is altyd die mooi storie van Jesus wat vir ons sondes gesterf het en dan sien jy die apostels in Handelinge begin beweeg tussen mense en hoe meer en meer verskillende nasies en volke ingesluit word in die wil en liefde van die Here," sê hy.
Oor die tradisie dat Kersfees op ’n dag gevier word wat talle gelowiges glo is ’n dag waarop ’n heidense fees oorspronklik gevier het sê Vermaak; "Die Bybel sê in Kolossense ons kan die Joodse feeste vier, maar dit maak jou nie ’n Jood nie. As iemand anders wil vas, laat hy vas. As iemand nie Kersfees wil vier soos ek en jy dit sou vier nie. . . dit gaan nie oor die dag nie, want die dag is ’n skaduwee – die kern en realiteit is in Christus. Om die dag te vier of nie te vier nie is eintlik nie relevant nie. As jy dit wil doen, doen dit en in so ’n manier wat dit nie iemand anders laat struikel nie, maar moenie teologiese debatte begin oor goed wat nie relevant is nie, want dit gaan oor Jesus Christus."
Hy meen kenners van die geskiedenis sou in elk geval bewus wees dat die heidene hierdie dag van die Christene aangeneem het en nie andersom nie. "Ek sê nie ons kan heidense praktyke doen en afgode aanbid nie, maar ons sê altyd 'don't major on minors'."
Vermaak herinner gelowiges om hierdie Kersdag seker te maak dat hul verhouding met God in orde is. "Ek dink die groot ding is ook die verskil tussen godsdiens en geloof. Daar is ’n verskil tussen om ’n persoonlike verhouding te hê met God waardeur ons wedergebore raak deur die werking van die Heilige Gees teenoor ’n gewoonte of ’n tradisie waar daar geen verhouding is met God nie. . . Jesus sê dit is julle godsdienstige tradisies wat my krag uit kanselleer," sê hy.
Kersdag is volgens Vermaak ’n herinnering van wat werklik belangrik is. "Daar is te veel kritiek, veroordeling, doktrine en verskille, maar ons moet weer uitkom by die genade van God vir mense en vir Sy skepping."
REIK UIT
In reaksie hierop sê Oberholzer: "Ons maak dit baie keer te ingewikkeld en ons vergeet die eerste mense wat hierdie storie gehoor het was vissermanne, bouers. . . die tipiese apostelkarakters wat net die storie van Jesus gesoek het. Dit is wat hulle gehoor het en dit is wat hulle elke keer vir mense vertel het en mense het saam geëet en saam fees gevier. Mens sien die eenvoud van die evangelie, maar die eenvoud is nie eenvoud in wêreldse terme nie. Daar is soveel diepte in dit."
Vermaak herinner gelowiges dat hul geloof nie slegs op hierdie een dag moet bestaan nie.
"Ek dink Kersfees is nie een keer ’n jaar nie – daar is sommige mense wat ons net sien op troues, begrafnisse en Kersfees, maar dit is ’n uitnodiging vir ons om uit te reik na mense wat nie soos ons is nie," sê hy.
"Hierdie tyd van die jaar gaan selfdoodsyfers, alkoholmisbruik, mishandeling by die huis en allerhande dinge op. In hierdie tyd van die jaar moet ons doelbewus dink aan mense waar hulle is," sê Vermaak.
Kyk die volle episode vandag om 12:30 op NTV (DStv- kanaal 285 en GoTV-kanaal 25) en oneuptwo.com.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie