No Image Caption

Glimlag en wen by die Erongo Ekspo

Leandrea mouers
Kom maak 'n draai by die stalletjie van die Erongo 24/7-span met Leandrea Mouers, Dianne Ludwig en Frieda Molotho by die die Erongo Sake- en Toerisme-ekspo in Walvisbaai! Die ekspo duur tot Saterdag en vertoon die beste van die streek. Besoekers word genooi om by die stalletjie 'n selfie met die kenmerkende raam te neem en en 'n kans te staan om opwindende pryse te wen met vergunning van Enjoy Travel. Pryse sluit in 'n Enjoy-lidmaatskapkaart ter waarde van N$300 (geldig vir vyf jaar, wat afslag op verblyf regoor Suider-Afrika bied) en 'n Explorer-koopbewys ter waarde van N$1 000 (geldig vir een jaar). Die foto met die meeste likes op Erongo Talk se Facebook- en Instagram-bladsye wen! Foto Sallea Mouers

Kommentaar

Republikein 2025-12-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer