Forum vir plaaslike entrepreneurs

Iréne-Mari van der Walt
Organiseerders van die Buy Local, Grow Namibia-veldtog het laas naweek hul eerste markdag by die Franco-Namibiese Kultuursentrum in die hoofstad aangebied.

Ongeveer 46 plaaslike besighede het hul produkte – onder meer hibiskussap, handgemaakte leerprodukte en plaaslik vervaardigde vel- en haarsorgprodukte – uitgestal.

Die minister van nywerheidsontwikkeling en handel, me. Lucia Iipumbu, het die oggend amptelik geopen en het die geleentheid gebruik om die uitstallers te ontmoet en meer te wete te kom oor die verskeidenheid produkte wat deur Namibiese hande gemaak word.

Kommentaar

Republikein 2022-12-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer