Ahoi vir Grootfontein
Grootfontein se skou begin Woensdag en vanjaar verenig die dorp vir dié groot okkasie rondom die tema van seerowers.
Ja, jy sal ook 'n tattoe kan kry.
Die legendariese beesboer, Mecki Schneider, open die skou, wat ook vir die eerste keer 'n kleinveeveiling gaan aanbied.
Die vlotoptog deur die dorp, iets om te beleef, vind om 16:00 Woensdagmiddag plaas.
'n Nuutjie is 'n vertoning deur tydrenmotors, en die kampioensaalperd Highland Joe gaan ook daar wees. Vir die vroue bied Chántel Ströh die praatjie "Rus is 'n keuse" aan.
Die skou duur tot Vrydag, wanneer kampioene op die paradegrond aangewys word, en die Nasionale Saalperdkampioenskap die fees sal afsluit.
Grootfontein is deel van NTV Afrikaans en vennote se #SkouRondomtalie.


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie