Kom groet Vrydag die Grotman!
Eens die man wat in Binnelanders die rol van dwelmsmokkelaar Clint Erasmus vertolk het, sal akteur Phillru van Achterbergh hierdie Vrydag sy buiging as Grotman in Groet die Grotman 2 maak. Die oorspronklike teaterstuk was twintig jaar gelede gewild met Hannes Müller in die hoofrol.
Groet die Grotman 2 volg Grotman en Elize se huwelik 20 jaar later en beloof om huwelike vanuit ’n humoristiese oogpunt te benader. Die oorspronklike Groet die Grotman hou steeds die rekord vir die meeste vertonings oor die langste tydperk met meer as 1 000 vertonings oor ’n tydperk van 10 jaar.
Die vertoning word Vrydagaand om 18:00 aangebied by Windhoek Hoërskool se saal. Kaartjies is beskikbaar my www.eticket.my.na
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie