Foto ter illustrasie/Pexels, Cottonbro Studios
Foto ter illustrasie/Pexels, Cottonbro Studios

Kollig-kalender

Iréne-Mari van der Walt
AAN DIE GANG

• 18:00 – Die New Beginnings-uitstalling deur alumni van die Kollege van die Kunste (Cota) kan by die Nasionale Kunsgalery besigtig word.

VANDAG

• 17:00 – Bees, boer, braai met die NLU se Agribraai by die Gobabis-skougronde.

MôRE

• 09:00 – Die Vadersdag-gemeenskapsmark word by die Mekenificent-parkeerterrein tot 18:00 aangebied, met kuns en kunsvlyt, familie-aktiwiteite asook iets om te eet en te drink.

• 16:00 – Sagarias Tsam en sy orkes tree by Sound Garden in Swakopmund op. Kaartjies kos N$50 by die deur.

DINSDAG 18 JUNIE

• 18:00 – Die fliek Copilot word by die Goethe-instituut vertoon vir vandeesmaand se uitgawe van Cinemaverse. ’n Vraag-en-antwoord-sessie deur die regisseur Anne Zohra Berrached sal ná die fliek gehou word. Toegang is gratis.

Kommentaar

Republikein 2025-04-30

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer