Andrada se UIs tinmyn verwag om reeds teen volgende maand litiumkonsentraat uit te kan voer.
Foto Richard Botha
Andrada se UIs tinmyn verwag om reeds teen volgende maand litiumkonsentraat uit te kan voer. Foto Richard Botha

Wedren na litium raak taai

Staat verbied kritieke mineraal-ertsuitvoere
Die spanning loop hoog in afwagting op die hofuitspraak in 'n dringende aansoek wat Xinfeng gebring het om die minister van myne en energie te keer om sy mynlisensie ML243 te herroep.
Augetto Graig
Die Australiese genoteerde onderneming Prospect Resources het gister boorwerk by sy Omaruru-litiumprojek hervat.

Nog 24 boorgate word geboor om spesifiek by sy Brockmans-prospekteerterrein op vroeër ontdekkings van dik, oppervlakkige, hoëgraad-litiummineralisasie, op te volg.

Prospect Resources sluit aan by ’n groeiende groep buitelandse belange wat gretig is om Namibië se litium te ontgin.

Die stormloop vir Namibië se litium-hulpbron is nie sonder sy struikelblokke nie, soos ’n vroeë voorloper Xinfeng Investments van China nou ervaar.

Die spanning loop hoog in afwagting op die hofuitspraak in ’n dringende aansoek wat Xinfeng gebring het om die minister van myne en energie Tom Alweendo te keer om sy mynlisensie ML243 te herroep.

Regter Ramon Maasdorp het gister sy uitspraak in dié aansoek tot 22 Junie uitgestel.

Dié mynlisensie is vir die oopgroef-litiummyn wat Xinfeng buite Omaruru gebou het, en vanwaar groot volumes erts deur Walvisbaai uitgevoer is.

Intussen fokus Xinfeng op ’n tweede oopgroefmyn buite Uis, waar grootmaat-mynbou op kleims – wat by Namibiërs verkry is en met die goedkeuring van die Daman Daures Tradisionele Owerheid – voortduur.

Die uitvoerende direkteur van myne en energie, Bryan Eiseb, sê die ministerie ondersoek Xinfeng se bedrywighede op dié perseel.

Bronne op die myn het aangedui dat die gesogte litiumneerslag nog nie raak geboor is nie.

Die kabinet het verlede week ingestem om die ministerie se versoek te ondersteun om die uitvoer van onverwerkte litiumerts, onder meer kritieke minerale, te verbied.

’n Verbod is tans van toepassing op litium, kobalt, mangaan, grafiet en seldsame aardmetale, en terwyl klein hoeveelhede nog met toestemming van die minister uitgevoer kan word, kan dit van nou af net met die kabinet se goedkeuring gedoen word.

Intussen het die Namibiese Kamer van Mynwese die regering se ingrypings verwelkom, met die verstandhouding dat dit slegs van toepassing is op ertsuitvoere.

Die uitvoerende hoof van die Kamer het gesê: “Dit is nodig vir die regering om die uitvoer van onverwerkte kritieke minerale te beheer en te reguleer, om werkskepping te ondersteun en die ekonomie in pas met die Afrika Mynbouvisie te laat groei.”

Hy sê ook: “Die maatreëls wat die regering ingestel het, belemmer nie die waardevolle werk wat ondernemings – wat mynbedrywighede en verwerkingsaanlegte in Namibië wil vestig – doen nie.”

Verder werk die Kamer saam met die ministerie om te verhoed dat die kabinet se goedkeuring nie die proses vertraag nie, luidens die verklaring.

Litium is in aanvraag op die internasionale mark en Xinfeng is beslis nie die enigste maatskappy wat aan dié wedren deelneem nie.

Die tinmynbouer Andrada vorder goed met sy plan om ook litiumkonsentraat op Uis te vervaardig. Dié verwerkte konsentraat sal nie deur die nuwe verbod beïnvloed word nie. Sy uitgebreide aanleg sal vanaf Julie die litiumkonsentraat vir uitvoer kan vervaardig.

Andrada het op 2 Junie die kontrak voltooi om N$100 miljoen (sowat US$5,5 miljoen) by die Ontwikkelingsbank van Namibië (DBN) te leen, en poog om by Orion Global Resources Fund nog US$25 miljoen te verkry, afhangend van goedkeuring vanaf DBN en Standard Bank. Intussen het Andrada op 5 Junie op die Amerikaanse aandelemark genoteer, nadat die onderneming reeds in Namibië en in London genoteer is. Die myn se uitvoerende hoof, Anthony Viljoen, sê Amerikaanse beleggers verstaan mynbou en is veral op soek na aandele in litiumondernemings.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 17° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 14° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:22, Low Tide: 23:42, High tide: 17:53 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:20, Low Tide: 23:40, High tide: 17:51 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:19, Low Tide: 23:40, High tide: 17:50 Rehoboth: 17° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 12° | 26° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 19° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 14° | 29° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 14° | 19° Durban: 18° | 19° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Weather: Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 17° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 14° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:22, Low Tide: 23:42, High tide: 17:53 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:20, Low Tide: 23:40, High tide: 17:51 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:19, Low Tide: 23:40, High tide: 17:50 Rehoboth: 17° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 12° | 26° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 19° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 14° | 29° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 14° | 19° Durban: 18° | 19° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05%