‘Staat moet help om nuwe kragstasie te finansier’
Basislading-oplossing onder vergrootglas
NamPower se uitvoerende hoof het aan wetgewers gesê dié nutsmaatskappy het verskeie projekte geïdentifiseer wat kan help om die kritieke energiegaping te vul.
NamPower moet dit oorweeg om in ’n basislading-kragstasie te belê om konsekwente en bekostigbare kragopwekking te verseker.
Só het die uitvoerende hoof van NamPower, Kahenge Haulofu, vandeesweek tydens ’n konsultatiewe vergadering met die parlementêre staande komitee oor ekonomie en nywerheid, openbare administrasie en beplanning, saam met die Produktiwiteitstaakspan oor Energie (PTFE), gesê.
Basislading verwys na die minimum, konstante vlak van elektrisiteitsaanvraag op ’n kragnetwerk oor ’n gegewe tydperk, gewoonlik 24 uur. Dit verteenwoordig die bestendige, 24-uur-krag wat benodig word om noodsaaklike dienste soos huise, hospitale en nywerhede wat voortdurend in bedryf is, van elektrisiteit te voorsien.
Hy het opgemerk Namibië het nie ’n basislading-kragstasie sedert die inbedryfstelling van die steenkool-aangedrewe Van Eck-kragstasie in 1972 en die Ruacana-hidroëlektriese kragstasie in 1978 gebou nie. Haulofu het gesê hierdie lang onderbreking ondersteun nie die land se energiebehoeftes nie.
“As Namibië nie sulke dinge ontwikkel het nie, sal jy beslis op ander moet staatmaak,” het hy gewaarsku.
Die regering sal hom tot die finansiering van só ’n projek moet verbind in plaas daarvan dat NamPower op ander moet staatmaak, het hy bygevoeg.
VUL DIE GAPING
Haulofu het aan wetgewers gesê NamPower het verskeie projekte geïdentifiseer wat kan help om die kritieke energiegaping te vul.
“Die nasie moet diep begin dink om seker te maak dat hulle beplan en hulle sal potensiële projekte hê wat gedoen kan word.
“Ons gaan voort om ’n beduidende hoeveelheid geld aan transmissie en hernubare energie te bestee,” het hy gesê.
Haulofu het gesê die tyd het aangebreek vir die land om hulpbronne toe te ken vir die finansiering van ’n basislading-kragoplossing, eerder as om op NamPower staat te maak om lenings te bekom.
“As Namibië nie met ’n plan vorendag kom en die gordel stywer trek en geld in ’n nasionale kragstasie belê nie, en dan wag en wag vir ’n nutsmaatskappy om volskaalse lenings en sulke dinge op te stel, sal dit nie gebeur nie, want die geld wat ons kry, koop ons elektrisiteit,” het hy gesê.
Hy het ook die uitdagings van sonkragopwekking aangeraak.
“Ons is ingenieurs. Sonkrag het ernstige uitdagings vir ons netwerk, en daardie uitdagings, selfs al verduidelik ons dit 100 keer, verstaan mense nie waaroor ons praat nie,” het hy gesê.
“Ons het ’n beperking op hoeveel sonkrag ons op ’n klein netwerk soos die Namibiese netwerk kan plaas,” het hy verduidelik.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie