• Tuisblad
  • ENERGIE
  • Staat kan dalk in hof draai oor groenwaterstofooreenkoms
PDM demands
PDM demands

Staat kan dalk in hof draai oor groenwaterstofooreenkoms

'Sleutelterme moet openbaar gemaak word'
Kenners meen om deursigtigheid te verseker sonder om sensitiewe inligting openbaar te maak, kan 'n opsomming van die ooreenkoms verskaf word.
Kristien Kruger
Jemima Beukes – Kenners het gevra vir ’n opsomming van die uitvoerbaarheids- en implementeringsooreenkoms tussen Hyphen Hydrogen Energy en die regering, met die leier van die Popular Democratic Movement (PDM), McHenry Venaani, wat met hofaksie dreig.

Kommentators sê daar is ’n regmatige verwagting vir meer inligting oor die N$192 miljard-transaksie, nadat selfs parlementslede gesê het hulle is in die duister oor die basiese inhoud daarvan.

Venaani het gedreig om die hof vir ’n geregtelike ondersoek te nader.

“Kan jy jou indink, ek is die opposisieleier van die land en ek het nog nie ’n bloue duit van die struktuur van die ooreenkoms gesien nie? Ek is nie eens in vertroue geneem nie. Internasionale handelsreg is ’n gebied wat ons ken en bestudeer het,” het hy gesê.

Hy sê hulle hoor net van mense wat hulle families by die projek intrek.

Hyphen se uitvoerende hoof, Marco Raffinetti, het verlede week gesê die openbaarmaking van die ooreenkoms sal tot nadeel van Namibië se mededingende voordeel wees. Hy het ook intellektuele eiendomsregte uitgelig as nog ’n rede waarom die ooreenkoms nie openbaar gemaak kan word nie en gesê dit gebeur nêrens in die wêreld nie.

Sommige het egter aangevoer dat hulle nie noodwendig op soek is na die ooreenkoms wat tussen die twee partye onderteken is nie, maar eerder die algemene raamwerk daarvan.

Een amptenaar het vandeesweek opgemerk dat die verantwoordelikheid om meer besonderhede en die struktuur van die ooreenkoms openbaar te maak, eerder by die regering as by Hyphen lê.

‘VRA HOM’

Die voorsitter van die raad vir groen waterstof, Obeth Kandjoze, het onlangs tydens ’n inligtingsessie by Staatshuis aan Republikein se susterkoerant Namibian Sun gesê “sulke soort ooreenkomste word nie net aan die media versprei nie. Dit word die eiendom van die prokureur-generaal. Jy moet hom vra.”

Die prokureur-generaal (PG), Festus Mbandeka, het ’n maand gelede by navraag gesê sy kantoor verskaf ongelukkig net raad aan kliënte, staatskantore, ministeries en agentskappe.

“Die besluit oor of, hoe en met wie die werklike dokumente gedeel moet word, lê nie by hierdie kantoor nie, maar by die instellings wat vir die bestuur en uitvoering daarvan verantwoordelik is,” het hy gesê.

Die groenwaterstofprojek val onder Staatshuis, wat die parlementêre staande komitee oor natuurlike hulpbronne sonder toesighoudende magte oor die land se grootste belegging in die geskiedenis laat.

NADELIGE OOREENKOMSTE

Venaani meen Afrika het talle voorbeelde van nadelige ooreenkomste wat in die geheim met regerings aangegaan is en dit is hoekom natuurlike hulpbronne in Afrika geplunder en burgers in armoede kwyn ten spyte van groot mineraalafsettings.

Hy het bygevoeg dat elke sent wat die regering bestee, verreken moet word en beklemtoon dat deursigtigheid belangrik is wanneer dit kom by die opstel van internasionale handelsooreenkomste.

“Dit is ontnugterend en teleurstellend vir iemand van Europa om te redeneer hulle kan transaksies met Afrika aangaan en soveel belastinggeld bestee en hulle kan nie rekenskap daarvoor gee nie.

“President Hage Geingob het in sy nooienstoespraak belowe dat hy nie geheime transaksies wil hê nie en nie wil hê mense moet na Staatshuis hardloop nie. Hoekom het hy nou verander? Hoekom het hy in die geheim ’n ooreenkoms aangegaan? Om ondersoek en die nakoming van sy eie nasionale Grondwet te vermy? wou die PDM-leier weet.

“Vir solank enige sent deur die mense van hierdie land bestee word, moet daar aanspreeklikheid wees,” het hy gesê.

Eben de Klerk van ISG Risk Services het gesê hoewel daar toegegee word dat sommige aspekte van ooreenkomste vertroulik moet bly, is daar ’n regmatige verwagting dat sleutelterme in ’n verwerkte vorm met die publiek gedeel moet word.

“Deur ’n opsomming van die ooreenkoms te verskaf wat deursigtigheid verseker sonder om sensitiewe inligting openbaar te maak, kan die regering sy verbintenis tot deursigtigheid en aanspreeklikheid demonstreer,” het hy gesê.

Die ekonoom Omu Kakuhuja-Matundu stem saam dat die openbaarmaking van die inhoud van die ooreenkoms Namibië se mededingendheid kan benadeel, maar het groot kommer uitgespreek oor die geheimhouding waarmee die projek hanteer word.

“Dit kan waar wees, aangesien ander vir Hyphen ’n beter ooreenkoms kon bied of verbeter het op wat Hyphen beplan om te doen. Ander maatskappy kon selfs met Hyphen meegeding het om ’n beter aanbod aan Namibië te bied.

“My grootste bekommernis oor die geheimhouding rondom groen waterstof, is dat ons soveel natuurlike hulpbronkontrakte gesien het wat tot nadeel van die gasheerland gestrek het. Hyphen is deur Staatshuis in ons kele afgedruk en ons moet dit aanvaar,” het hy gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Katima Mulilo: 15° | 33° Rundu: 15° | 32° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 16° | 31° Windhoek: 14° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:02, High tide: 06:03, Low Tide: 00:33, High tide: 18:39 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:00, High tide: 06:01, Low Tide: 00:31, High tide: 18:37 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:00, High tide: 06:00, Low Tide: 00:31, High tide: 18:36 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 20° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 17° | 30° Lüderitz: 12° | 28° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 10° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 15° | 27° Lubumbashi: 15° | 29° Mbabane: 14° | 19° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 12° | 25° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 14° | 27° Cape Town: 13° | 22° Durban: 18° | 22° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 27° Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05% Sport results: Premier League: Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Weather: Katima Mulilo: 15° | 33° Rundu: 15° | 32° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 16° | 31° Windhoek: 14° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:02, High tide: 06:03, Low Tide: 00:33, High tide: 18:39 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:00, High tide: 06:01, Low Tide: 00:31, High tide: 18:37 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:00, High tide: 06:00, Low Tide: 00:31, High tide: 18:36 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 20° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 17° | 30° Lüderitz: 12° | 28° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 10° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 15° | 27° Lubumbashi: 15° | 29° Mbabane: 14° | 19° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 12° | 25° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 14° | 27° Cape Town: 13° | 22° Durban: 18° | 22° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05%