Smelter se vrywillige skeiding vir eers van die baan
Die minister van justisie en arbeidsverhoudinge Wise Immanuel het die vrywillige skeidingskema by die
Sinomine Tsumeb Smelter opgeskort ná mislukte onderhandelinge tussen die maatskappy se bestuur en die Mynwerkersunie van Namibië (MUN).
Die smelter wat in Chinese besit is en die unie se nasionale leierskap kon teen Maandagaand nie ‘n ooreenkoms bereik nie, ten spyte van ure van onderhandelinge en wat Immanuel genoop het om in te gryp.
Die minister het gewaarsku dat die mislukking om die dispuut op te los, sal lei tot die beroep op artikel 80 van die arbeidswet wat hom deur die arbeidskommissaris bemagtig om ‘n bemiddelaar aan te stel of 'n driepartypaneel te stig om ondersoek in te stel en aanbevelings te maak oor industriële konflikte wat die nasionale belang raak.
“Hulle het misluk om ‘n konsensus te bereik. Ek het reeds die maatskappy vanoggend van my besluit ingelig en ek het ‘n brief aan hulle geskryf,” het Immanuel gistermiddag aan Network Media Hub (NMH) gesê.
Hy kon egter nie ‘n tydslyn verskaf oor wanneer die dispuut ten volle opgelos sal wees nie en het gesê dit behels die betrokkenheid van verskeie rolspelers.
MUN se sekretaris-generaal Fillepus George Ampweya het op sy beurt aan NMH bevestig dat geen resolusie bereik is nie wat aan Immanuel die gronde gee om op artikel 80 te beroep.
“Die dispuut oor die vrywillige skeidingsprogram duur voort sedert Mei 2025 en ten spyte van die minister se pogings, bly ons by ‘n dooiepunt,” het Ampweya gesê.
“Ons posisie is dat die smelter die vrywillige skeidingsprogram moet onttrek. Die bestuur luister nie na ons redes nie,” het hy gesê.
Ampweya het verduidelik dat die smelter se vrywillige skeiding ten doel het om die werksmag met 30 tot 40% te verminder. Dit sal potensieel sowat 300 werkers raak, ‘n stap wat die unie as afleggings beskou en Ampweya beklemtoon onderhandelde pakkette eerder as eensydige besluite deur die bestuur vereis.
“Die minister se ingryping gee ons meer tyd om vir beter pakkette vir ons lede te onderhandel,” het hy gesê.
Die ministerie van arbeid se woordvoerder Maria Hedimbi sê hoewel bedryfsdoeltreffendheid belangrik is, werksverliese in enige vorm buidende maatskaplike en ekonomiese gevolge het en in veral in ‘n land wat reeds met hoë werkloosheidsyfers worstel.
Hedimbi het kommer uitgespreek oor soortgelyke ontwikkelings in die mynbedryf.
“Ons doen ‘n beroep op beleggers en werkgewers om alternatiewe strategieë te ondersoek wat werksbehoud prioritiseer en die lewensbestaan van werkers beskerm in lyn met nasionale ontwikkelingsdoelwitte,” het sy gesê.
In ‘n afsonderlike voorval het die Sinomine Resources Group Maandag ‘n verskoning aan Immanuel en sy afvaardiging uitgereik nadat hulle toegang tot die smelter geweier is waar hy geskeduleer was om met bestuur oor die beplande vrywillige afleggings te praat.
Alina Garises, Sinomine se bestuurder van kommunikasie, het die voorval as miskommunikasie oor die maatskappy se langdurige beleid vir die toets van alkohol beskryf wat sedert 2013 in plek is.
Garises sê die beleid is noodsaaklik om veiligheid en nakoming binne die hoërisiko industriële omgewing te verseker.
“Die smelter heg waarde aan sy samewerkende verhouding met die Namibiese regering en plaaslike gemeenskappe en bly daartoe verbind om tot Namibië se maatskaplike en ekonomiese ontwikkeling by te dra,” het sy gesê. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie