FOTO ARGIEF
FOTO ARGIEF

'Rooi' waterstof bedreig plante, diere

Daar moenie ten koste van Namibië se biodiversiteit in Duitsland se behoefte aan alternatiewe energiebronne voorsien word nie.

Daar kan ook beter in Namibië se behoefte aan volhoubare ontwikkeling, werkskepping en armoedeverligting voorsien word sodra ’n nasionale studie oor die koste en voordele van verskillende energieopwekkingsopsies vir die land voltooi is.

Volgens ’n verslag van die Namibiese Kamer van die Omgewing (NCE), When Green Hydrogen Turns Red – Threatening a Global Biodiversity Hotspot, moet ’n volledige strategiese omgewingsimpakevaluering (SEA) uitgevoer word wat die impak op die grond- en mariene lewe van huidige en toekomstige waterstofprojekte in Namibië insluit, vóór enige ander evaluerings wat gerig is op spesifieke aspekte van die Hyphen-projek.

Die verslag fokus op die groenwaterstofprojek in die Tsaub //Khaeb Nasionale Park (TKNP) wat die park as ’n globale biodiversiteitskatkis beskryf en een van die grootste oorblywende gebiede van byna ongerepte wildernis in die wêreld.

Die omvattende nywerheidsontwikkeling wat vir een van die wêreld se min droë biodiverse brandpunte beplan word, kan volgens die verslag net “rooi” waterstof produseer, omdat dit die bestaan van talle endemiese plant- en dierespesies sal bedreig. Dit verwys na die politieke aard van die Hyphen-projek en sê die SEA moet met die “hoogste vlakke van deursigtigheid en integriteit” gedoen word om te verseker dat die impak van waterstofontwikkeling ten volle omskryf word.

Die verslag stel ook ’n holistiese studie oor Namibië se hele energiebedryf voor wat die volle koste en voordele van elke tipe energieproduksie insluit. Dit moet ook voorspellings insluit wat gebaseer is op die beste beskikbare kennis van energiemarkte, navorsing en die jongste tegnologieë om Namibiese besluitnemers te lei tot die beste moontlike pad vir werklike volhoubare ontwikkeling in die energiesektor.

Die Duitse Ontwikkelingsbank (KfW) het finansieel die ontwikkeling van die park se bestuursplan ondersteun as deel van sy groter ondersteuningsprogram vir Namibiese nasionale parke.

Die Hyphen-projek sal volgens die verslag die belegging “feitlik vernietig” deur die waterstofontwikkeling wat sterk deur die Duitse regering ondersteun word.

“Die planne wat deur Hyphen vir die Namibiese regering se huidige en toekomstige ontwikkelingsprojekte onthul is, toon weinig agting vir die TKNP-bestuur wat deur KfW ondersteun word,” aldus die verslag.

Dit maan die wêreld staar tans twee omgewingskrisisse in die gesig, naamlik klimaatsverandering en die verlies aan biodiversiteit.

“Die NCE sluit hiermee aan by die Internasionale Unie vir Natuurbewaring (IUCN) in sy stand teen enige plan om klimaatsverandering te versag wat teen ’n onaanvaarbare koste vir biodiversiteit kom.”

Enige waterstof wat in die TKNP vervaardig sal volgens die verslag geïdentifiseer word as rooi waterstof, aangesien die produksie daarvan waarskynlik die bedreiging van baie plant- en dierespesies op die IUCN se Rooilys en ook ander endemiese en minder bekende spesies verhoog wat nog geëvalueer moet word.

Dit maan die Europese Unie (EU) en ’n aantal lidlande, insluitend Duitsland, moenie hulle energievereistes op ontwikkelende lande soos Namibië afdwing nie. Dit moet ook die nodige voorsorgmaatreëls tref en omsigtigheid aan die dag lê voordat dit groot ontwikkelingsprojekte ondersteun.

“Die waterstof-energiesektor ontwikkel vinnig en nuwe tegnologieë wat produksiekoste vir waterstof sal verminder, hou ’n bedreiging vir die ekonomiese lewensvatbaarheid van Namibië se toekomstige waterstofuitvoere in. Hierdie risiko’s is nog nie ten volle verken of aan die Namibiese publiek oorgedra nie.”

Alternatiewe persele vir die produksie van waterstof wat die plaaslike ekonomie ondersteun en die potensiaal het om nasionale vervaardigingsindustrieë te dryf, moet ook versigtig binne die SEA oorweeg word.

“Daar kan in Namibië se energie- en volhoubare ontwikkelingsbehoeftes voorsien word deur ’n strategiese benadering te gebruik wat oorweging skenk aan die volle maatskaplike en ekologiese koste en voordele van elke vorm van energieproduksie.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-06-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 9° | 27° Rundu: 10° | 26° Eenhana: 13° | 28° Oshakati: 13° | 27° Ruacana: 12° | 28° Tsumeb: 12° | 24° Otjiwarongo: 9° | 22° Omaruru: 11° | 25° Windhoek: 8° | 20° Gobabis: 8° | 21° Henties Bay: 17° | 31° Wind speed: 37km/h, Wind direction: E, Low tide: 10:52, High tide: 04:51, Low Tide: 23:20, High tide: 17:25 Swakopmund: 18° | 26° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SE, Low tide: 10:50, High tide: 04:49, Low Tide: 23:18, High tide: 17:23 Walvis Bay: 19° | 32° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SE, Low tide: 10:50, High tide: 04:48, Low Tide: 23:18, High tide: 17:22 Rehoboth: 7° | 21° Mariental: 10° | 23° Keetmanshoop: 12° | 23° Aranos: 9° | 22° Lüderitz: 15° | 31° Ariamsvlei: 12° | 24° Oranjemund: 12° | 19° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 10° | 22° Lubumbashi: 9° | 25° Mbabane: 10° | 21° Maseru: 6° | 17° Antananarivo: 11° | 19° Lilongwe: 12° | 25° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 8° | 20° Cape Town: 12° | 17° Durban: 14° | 23° Johannesburg: 10° | 18° Dar es Salaam: 21° | 28° Lusaka: 11° | 23° Harare: 10° | 22° Currency: GBP to NAD 22.95 | EUR to NAD 19.44 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 18.13 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.35 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.9 | USD to AOA 853.63 | USD to BWP 13.53 | USD to EGP 48.27 | USD to KES 127.98 | USD to NGN 1479.51 | USD to ZAR 18.13 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1783.38 Down -0.16% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13140.91 Up +0.02% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27062.37 Up +2.44% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.06/OZ UP +0.55% | Copper US$ 4.43/lb UP +0.54% | Zinc US$ 2 858.30/T UP 0.16% | Brent Crude Oil US$ 86.05/BBP UP +1.57% | Platinum US$ 997.44/OZ UP +1.20% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 9° | 27° Rundu: 10° | 26° Eenhana: 13° | 28° Oshakati: 13° | 27° Ruacana: 12° | 28° Tsumeb: 12° | 24° Otjiwarongo: 9° | 22° Omaruru: 11° | 25° Windhoek: 8° | 20° Gobabis: 8° | 21° Henties Bay: 17° | 31° Wind speed: 37km/h, Wind direction: E, Low tide: 10:52, High tide: 04:51, Low Tide: 23:20, High tide: 17:25 Swakopmund: 18° | 26° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SE, Low tide: 10:50, High tide: 04:49, Low Tide: 23:18, High tide: 17:23 Walvis Bay: 19° | 32° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SE, Low tide: 10:50, High tide: 04:48, Low Tide: 23:18, High tide: 17:22 Rehoboth: 7° | 21° Mariental: 10° | 23° Keetmanshoop: 12° | 23° Aranos: 9° | 22° Lüderitz: 15° | 31° Ariamsvlei: 12° | 24° Oranjemund: 12° | 19° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 10° | 22° Lubumbashi: 9° | 25° Mbabane: 10° | 21° Maseru: 6° | 17° Antananarivo: 11° | 19° Lilongwe: 12° | 25° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 8° | 20° Cape Town: 12° | 17° Durban: 14° | 23° Johannesburg: 10° | 18° Dar es Salaam: 21° | 28° Lusaka: 11° | 23° Harare: 10° | 22° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 22.95 | EUR to NAD 19.44 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 18.13 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.35 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.9 | USD to AOA 853.63 | USD to BWP 13.53 | USD to EGP 48.27 | USD to KES 127.98 | USD to NGN 1479.51 | USD to ZAR 18.13 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1783.38 Down -0.16% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13140.91 Up +0.02% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27062.37 Up +2.44% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.06/OZ UP +0.55% | Copper US$ 4.43/lb UP +0.54% | Zinc US$ 2 858.30/T UP 0.16% | Brent Crude Oil US$ 86.05/BBP UP +1.57% | Platinum US$ 997.44/OZ UP +1.20%