‘Regering verkoop nié EPL’e aan buitelanders’
Minister sê Namibiërs moet aandeel in mynkleims behou
Alweendo het bewerings ontken dat hy gesê het Namibiërs uit sekere stamme moet nie afgepende myngrond kry nie.
Ogone Tlhage - Die minister van myne en energie, Tom Alweendo, sê Namibiërs moenie die regering daarvan beskuldig dat hulle afgepende myngrond aan buitelanders verkoop ten koste van landsburgers nie, want dit is die plaaslike inwoners self wat hulle aan hierdie praktyk skuldig maak.
Alweendo het dié opmerkings tydens 'n onlangse gemeenskapsvergadering op Uis in die Erongostreek gemaak.
Dit volg op bewerings van onwettige mynbedrywighede deur die Chinese mynmaatskappy Xinfeng Investments. Die maatskappy het onder toenemende druk gekom omdat hy glo nie by Namibië se mynwette hou nie met betrekking tot ‘n onbepaalde uitvoerkwota van litiumerts na China.
Alweendo het gesê die myn-kleimstelsel – hoewel die bedoelings daarvoor goed is – word misbruik deur Namibiërs wat hul afgepende myngrond aan buitelanders verkoop.
"Die Chinese kan nie kleims hê nie. . . Chinese of Europeërs kan nie na die ministerie van myne kom en 'n mynboukleim kry nie, hulle kwalifiseer nie daarvoor nie," het hy gesê.
"Namibiërs, ek en jy, is diegene wat dit vir die buitelanders gee, maar dan kla ons daaroor," het hy bygevoeg.
‘HOU IETS’
Die minister het ‘n beroep op Namibiërs gedoen om nie al hulle mynboukleims te verkoop nie en eerder voorgestel dat plaaslike inwoners ‘n aandeel behou in die projekte waarin hulle kleims het.
“Waar Namibiërs eksklusiewe prospekteerlisensies (EPL'e) het en hulle daardie lisensies aan buitelanders wil verkoop, sê ek, hoekom wil jy 100% van jou EPL'e verkoop? Hou ten minste 15%, hou iets,” het hy aan gemeenskapslede gesê.
Alweendo het ook bewerings ontken dat hy gesê het alle mynkleims moet aan buitelanders verkoop word. Dit te midde van verdere beskuldigings dat die minister glo gesê het Namibiërs wat aan die Damara-stam behoort moenie afgepende myngrond kry nie.
“Die bewering dat ek gesê het Namibiërs moet 100% aan buitelanders verkoop, is nie eens waar nie,” het hy gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie