Power Line Africa vier mylpaal

Nuwe kraglyn strek oor 287 km
Die bate kan nou aan NamPower oorhandig word, wat dit binne 'n maand kan elektrifiseer en aan die kragnetwerk kan koppel.
Augetto Graig
“Dit was vir Power Line ’n eer om by NamPower te leer, om die vaardighede na ander lande te neem en weer terug te bring, en om hierdie kraglyn te bou. Saam sal ons dit beter doen, ons as Namibiërs sal saam staan. Welgedaan!”

So het Richard Himmel van Power Line Africa (Edms) Bpk, die maatskappy waaraan hy sy lewe gewy het, die afgelope naweek gesê.

Power Line Africa is 'n maatskappy wat in die elektrisiteitsvoorsieningsbedryf op die gebied van sleutelkontraktering en projekbestuur werksaam is. Die maatskappy fokus op die mark vir die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) en spesialiseer in landelike elektrifisering, verspreidingsnetwerke en oorhoofse transmissielynkontraktering.

Dié onderneming, wat ten volle in Namibiese besit is, het die naweek op Plaas Sukses die voltooiing van die 2038H-oorhoofse kragkabelstelsel van 400 kilovolt (kV) vanaf Auas tot Gerus gevier. Die lyn is vanaf die Auas-substasie naby Dordabis tot by die Gerus-substasie buite Otjiwarongo oor 287 kilometer en 566 torings gespan.

Volgens Martin van der Merwe, ‘n senior elektriese ingenieur by NamPower, is dit ’n prysenswaardige prestasie wat ’n groot landswye impak sal hê. NamPower het voorheen gesê die nuwe lyn sal sy netwerk se vermoë versterk om elektrisiteit in groot maat binne die Suider-Afrikaanse Kragpoel (SAPP) te herlei.

Volker Rϋgheimer, wat namens die kontrakteurs gepraat het, was bly om uit te lig dat die bate nou aan NamPower oorhandig kan word, wat dit binne ’n maand kan elektrifiseer en aan die netwerk kan koppel om dit winsgewend te begin gebruik. Die tender is betyds en binne die begroting gelewer.

Die kontrak van N$630 miljoen is op 16 April 2021 geteken en ’n reuseprojek is van stapel gestuur, volgens Power Line Africa se terreinbestuurder, Juan Erlank. Die basiskamp is vinnig gevestig en 150 werknemers is in diens geneem. He sê ’n gebied wat oor 289 km strek is vanaf 11 Junie 2021 ontbos. Om die bouspan te huisves is 180 tente in 11 vraghouers aangery, 10 755 tentpenne is ingekap en 281 hekke is gebou. Hy het die plaaseienaar van Sukses, Dirk Potgieter, bedank vir die gasvryheid om die yslike kamp te akkommodeer, en Erlank sê dit was deurslaggewend tot die sukses van die projek. “Sukses was die begin van die sukses.”

Op 1 Julie 2021 het opgrawingswerk begin om 8 000 kubieke meter grond te verwyder, voor 1 230 vragte beton aangery is om die fondament te lê. Op 20 Oktober het werk begin om die torings uit 3 500 ton staal op te sit. Draad is oor 3 255 km gespan, 250 vragte boumateriaal is afgelaai en 220 vraghouers is uitgepak net om die kabelwerk te voltooi. Altesaam 836 000 werksure is aan die projek gewy, sê Erlank.

Volgens Francois Schoombee, Power Line Africa se uitvoerende hoof, kon die maatskappy oor die laaste twee jaar 400 kV-kabel oor sowat 500 km span, onder meer as die Juno Gromis-projek wat dit met Eskom in Suid Afrika voltooi het. Power Line Africa kan sleuteloplossings intern ontwikkel en met sertifisering van die Internasionale Organisasie vir Standaardisering (ISO) kan die maatskappy op vastelandvlak meeding, sê hy.

Martin Wucher, wat betrokke was by die maatskappy se behuisingsontwikkeling op Osona, het daarop gewys dat verskeie generasies, etniese groepe en verskillende individue betrokke is by Power Line Africa. “Julle het weggedoen met die rassekaart en dit met die telkaart vervang,” het hy gesê. “Dit het gegroei van een man tot ’n onderneming wat oor Afrika en wêreldwyd golwe maak.”

Die uitvoerende hoof van Namibia Media Holdings (NMH), Albé Botha, het die belang van ’n goeie balansstaat uitgelig en die maatskappy se momentum geprys. “Power Line Africa is kostedoeltreffend, teen twee en ’n half keer goedkoper as ondernemings van dié aard in Suid Afrika, en met vennote soos Bank Windhoek en NamPower wat in die onderneming glo, sal aanhoudende momentum ’n nalatenskap skep”, het hy uitgebrei. “Die toekoms van energie is positief in Namibië en Power Line Africa het ’n rol om daarin te speel. Kom ons bou op hierdie momentum,” het hy gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:43, High tide: 12:02, Low Tide: 17:54, High tide: 00:23 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 19km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 12:00, Low Tide: 17:52, High tide: 00:21 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 28km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 11:59, Low Tide: 17:52, High tide: 00:20 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.16 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.49 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.91 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.49 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13322.85 Up +0.03% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 299.69/OZ DOWN -0.0104 | Copper US$ 4.52/lb DOWN -0.0036 | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.51/BBP DOWN -0.0093 | Platinum US$ 954.38/OZ DOWN -0.0012 Sport results: Premier League: Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town Weather: Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:43, High tide: 12:02, Low Tide: 17:54, High tide: 00:23 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 19km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 12:00, Low Tide: 17:52, High tide: 00:21 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 28km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 11:59, Low Tide: 17:52, High tide: 00:20 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.16 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.49 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.91 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.49 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13322.85 Up +0.03% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 299.69/OZ DOWN -0.0104 | Copper US$ 4.52/lb DOWN -0.0036 | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.51/BBP DOWN -0.0093 | Platinum US$ 954.38/OZ DOWN -0.0012