B2Gold se Otjikoto-goudmyn presteer steeds beter as verwagtinge.
Foto argief
B2Gold se Otjikoto-goudmyn presteer steeds beter as verwagtinge. Foto argief

Otjikoto se toekoms skitter

Produksie van 44 940 in drie maande
B2Gold sê al sy bedrywighede – plaaslike en internasionaal – is op koers om produksieverwagtinge te bereik of te oortref.
Augetto Graig
Die Kanadese mynbouer B2Gold het verlede week produksieresultate vir die derde kwartaal van 2023 aangekondig, en gesê sy Otjikoto-goudmyn in Namibië het weer eens verwagtinge oortref.

Die goudmyn wat tussen Otavi en Otjiwarongo geleë is, het vir die betrokke drie maande 44 940 onse goud tot B2Gold se totale produksie bygedra, insluitend goud uit die hoëgraad erts van die ondergrondse Wolfshag-uitbreiding.

Volgens B2Gold is al sy bedrywighede op koers om produksieverwagtinge te bereik of te oortref. Dit sluit in die Masbate-myn in die Filippyne, die Fekola-myn in Mali, en die opbrengs van sy Calibre-vennootskap in Nicaragua. Altesaam 242 838 onse goud is ontgin, en die groep verwag om ten minste een miljoen onse vanjaar die produseer.

In die derde kwartaal is dividende van vier Amerikaanse sent per aandeel toegeken en op 29 September het die maatskappy altesaam US$45 miljoen in dividende uitbetaal.

Verder in terme van Otjikoto se prestasie is 860 000 ton erts deur die meule gesit, met ’n herwinningskoers van 98,4% goud. Gedurende die betrokke tydperk het die oopgroefmyn fase 5 se helling ingesak en dit het die heropbou van die helling (ramp) vereis.

Die maatskappy verwag egter geen negatiewe impak op vanjaar se verwagte produksiesyfers nie, volgens die verklaring wat op 8 November uitgereik is.

B2Gold verwag om volgende jaar bedrywighede in die oopgroefmyn te verminder en teen 2025 heeltemal te staak. Produksie sal egter tot 2031 voortduur, in terme van voorraad wat geberg word, en opbrengs vanaf die Wolfshag- ondergrondse operasie wat verwag word om tot 2026 voort te duur.

Wolfshag spog met verwagte reserwes van 203 000 onse in 1,1 miljoen ton erts. Voortdurende eksplorasie mag egter suksesvol wees en sou tot dié reserwes kan bydra.

Die kapitaaluitgawes vir die drie maande is altesaam sowat US$13 miljoen, met US$9 miljoen vir toekomstige uitgrawe van hellings (sloping) van die oopgroefmyn, en US$3 miljoen vir verdere ontwikkeling van Wolfshag ondergronds.

Die bedryfskoste vir die tydperk was laer as wat verwag is, teen US$785 per ons goud vervaardig. Die volledige koste vir die jaar is ook steeds laer as wat verwag is, sê B2Gold rakende die Otjikoto-myn. Na verwagting sal Otjikoto vir die hele jaar tussen 190 000 en 210 000 onse goud lewer, volgens B2Gold.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-07-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: NovaVit Griffons 45 vs 47 Toyota Cheetahs XV Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 11° | 31° Eenhana: 11° | 33° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 27° Otjiwarongo: 9° | 26° Omaruru: 9° | 27° Windhoek: 8° | 24° Gobabis: 5° | 23° Henties Bay: 11° | 16° Swakopmund: 12° | 15° Walvis Bay: 11° | 20° Rehoboth: 5° | 22° Mariental: 5° | 19° Keetmanshoop: 4° | 16° Aranos: 5° | 20° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 6° | 14° Oranjemund: 10° | 15° Luanda: 19° | 21° Gaborone: 8° | 23° Lubumbashi: 12° | 31° Mbabane: 10° | 27° Maseru: 1° | 11° Antananarivo: 10° | 25° Lilongwe: 15° | 29° Maputo: 18° | 33° Windhoek: 8° | 24° Cape Town: 9° | 13° Durban: 14° | 20° Johannesburg: 8° | 16° Dar es Salaam: 21° | 31° Lusaka: 16° | 31° Harare: 14° | 28° Currency: GBP to NAD 23.47 | EUR to NAD 19.84 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.28 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.22 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 872.64 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1598.89 | USD to ZAR 18.31 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1807.67 Up +1.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13660.65 Up +0.14% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29090.57 Down -0.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9392.07 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 387.02/OZ UP +0.98% | Copper US$ 4.11/lb DOWN -0.001 | Zinc US$ 2 678.50/T DOWN -0.29% | Brent Crude Oil US$ 80.81/BBP DOWN -0.022 | Platinum US$ 935.05/OZ UP +0.34% Sport results: Currie Cup: NovaVit Griffons 45 vs 47 Toyota Cheetahs XV Weather: Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 11° | 31° Eenhana: 11° | 33° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 27° Otjiwarongo: 9° | 26° Omaruru: 9° | 27° Windhoek: 8° | 24° Gobabis: 5° | 23° Henties Bay: 11° | 16° Swakopmund: 12° | 15° Walvis Bay: 11° | 20° Rehoboth: 5° | 22° Mariental: 5° | 19° Keetmanshoop: 4° | 16° Aranos: 5° | 20° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 6° | 14° Oranjemund: 10° | 15° Luanda: 19° | 21° Gaborone: 8° | 23° Lubumbashi: 12° | 31° Mbabane: 10° | 27° Maseru: 1° | 11° Antananarivo: 10° | 25° Lilongwe: 15° | 29° Maputo: 18° | 33° Windhoek: 8° | 24° Cape Town: 9° | 13° Durban: 14° | 20° Johannesburg: 8° | 16° Dar es Salaam: 21° | 31° Lusaka: 16° | 31° Harare: 14° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.47 | EUR to NAD 19.84 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.28 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.22 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 872.64 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1598.89 | USD to ZAR 18.31 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1807.67 Up +1.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13660.65 Up +0.14% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29090.57 Down -0.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9392.07 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 387.02/OZ UP +0.98% | Copper US$ 4.11/lb DOWN -0.001 | Zinc US$ 2 678.50/T DOWN -0.29% | Brent Crude Oil US$ 80.81/BBP DOWN -0.022 | Platinum US$ 935.05/OZ UP +0.34%