Namibië ’n wêreldleier in sonkrag
’n Voorbeeld in hernubare kragopwekking
Lande soos Namibië, Nederland en Palestina se kragopwekking van hernubare bronne het oor die afgelope vyf jaar uiters bevredigend gegroei.
Namibië tel onder die top-8-lande in die wêreld wat die oorskakeling na kragopwekking deur die son en wind die vinnigste behaal.
Inteendeel, saam met lande soos Denemarke en Uruguay, vorder Namibië teen ’n vinniger pas as wat nodig is om aardverhitting tot 1,5 °C te beperk. Dit volgens standaarde van die Internasionale Energie-agentskap (IEA), ’n interregeringsorganisasie wat in 1974 in Parys gestig is.
Dit beteken die vraag na fossielbrandstof het nou sy piek in die kragopwekkingsektor bereik en sal teen die einde van die dekade skerp daal, het RMI vandeesweek berig.
RMI is ’n niewinsgewende organisasie wat hom vir die wêreldwye oorskakeling na “skoon energie” beywer en het onlangs ’n ontleding oor ’n oorskakeling na hernubare energie-opwekking, in samewerking met die Bezos Earth-fonds, voltooi.
Twee navorsingstukke oor die top-8-lande is deur Systems Change Lab gedoen. Hiervolgens het die wêreldwye opwekkingstelsel vir elektrisiteit nou ’n keerpunt bereik, waar die oorskakeling weg van fossielbrandstof moeilik omkeerbaar is.
RMI berig die oorskakeling na hernubare energie beteken wêreldwyd is kragopwekking op koers om die IEA se ambisieuse doelwit van zero-emissies te bereik.
Volgens RMI se vooruitskattings behoort meer as ’n derde van alle elektrisiteit teen 2030 deur son- en windenergie opgewek te word, terwyl die koste hiervan na verwagting voortdurend sal goedkoper raak – soveel so dat dit teen 2030 die helfte goedkoper as nou kan wees.
Een van COP28 se doelwitte, naamlik om die kapasiteit van hernubare energie teen 2030 te verdrievoudig, is klaarblyklik nou binne die mensdom se bereik.
Dit is mits hindernisse suksesvol die hoof gebied kan word, wat insluit beleggings in die nodige netwerke, minder hindernisse as dit kom by die goedkeuring van hernubare energie-opwekking en die meer doeltreffende berging van elektrisiteit.
Hernubare energie sal help teen inflasie in die prys van elektrisiteit en kan daartoe lei dat die vraag na fossielbrandstowwe vir elektrisiteit reeds teen 2030 sowat 30% minder is.
RMI sê sleutellande wat die voortou hierin neem, sluit Uruguay, Denemarke, Litaue, Namibië, Nederland, Palestina, Jordanië en Chili in, asook gebiede soos China, Europa en die Midde-Ooste.
Die doelwit is dat die benutting van wind- en sonkrag teen 2030 van 12% na 41% moet groei, ’n toename van 29 persentasiepunte.
Lande soos Namibië, Nederland, Palestina, Jordanië en Chili het oor die afgelope vyf jaar sterk groei hierin getoon – teen ’n baie bevredigende tempo.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie