'Mynbou toon veerkragtigheid'
80% van opbrengs bly in die land, volgens Malango
Diamantdividende droog op, maar goud en uraan hou werksgeleenthede aan die groei.
Ongeag daarvan dat mynbou in Namibië oor die loop van die 2024-boekjaar met 1,2% gekrimp het teenoor die groei van 19,3% vir die 2023-boekjaar, het lone en salarisse deur mynbou-ondernemings verlede jaar uitbetaal, vanaf N$6,85 miljard na N$7,976 miljard gestyg.
Mynbou het in 2024 altesaam 20 843 direkte werksgeleenthede geskep, 14,6% meer as die 18 189 mynbouwerkers wat in 2023 in diens geneem is.
Hierdie syfers is verlede week deur Veston Malango, uitvoerende hoof van die Namibiese Kamer van Mynwese, met die vrystelling van die kamer 2024-jaarverslag aangekondig. Malango was veral trots om te beklemtoon dat 97% van plaaslike mynwerkers Namibiese burgers is.
Die afname was grotendeels weens geweldige druk op internasionale diamantpryse wat ly onder verminderde aanvraag vir natuurlike diamante en die impak van meer diamante wat in ’n laboratorium gekweek word. As gevolg daarvan was daar vir 2024 geen dividende aan die regering vanaf die mynboubedryf uitbetaal nie, aangesien die regering slegs in Namdeb en Debmarine betekenisvolle aandele besit.
Dividende word uit wins betaal en albei Namibië se diamantreuse kon dus nie volhou met die uitbetaling van N$1,15 miljard wat in 2023 aangeteken was nie. Diamantmynbou was voorheen vir jare die leier in die bedryf en mynbou se bydrae tot die staat.
Goud en uraan neem nou die voortou.
Nietemin kon die bedryf N$5,624 miljard tot die staatskas bydra, insluitend net meer as N$3 miljard in korporatiewe belasting, N$2,256 miljard in tantième en N$360 miljoen vir uitvoerheffings. Vir 2023 kon mynbou egter N$6,861 miljard of 18% meer tot die staatskas bydra.
“Die hoofding wat ek wou uitwys is plaaslike verkryging,” het Malango gesê. “Hou kan burgers meer uit mynbou voordeel trek, bo en behalwe die belasting wat ons betaal en werkskepping? Ek lê klem op plaaslike verkryging en daaroor is ons baie trots dat ons konsekwent meer as 40% van binnelandse opbrengste op plaaslike voorsieners van goedere en dienste bestee.
“Spesifiek het ons laas jaar nagenoeg N$24 miljard bestee, wat ooreenstem met 46,7% van wat gegenereer was. Dit is vir my baie belangrik omdat aan te dui dat die N$24 miljard in die plaaslike ekonomie sirkuleer,” sê hy.
Malango bring dit ook onder aandag dat sowat N$2,7 miljard (5,7%) daarvan aan NamPower en NamWater betaal was.
“As mens alles saam optel wat aan die regering betaal word, insluitend belasting ingevolge die lopende betaalstelsel (PAYE) van N$1,7 miljard, uitvoerheffings, belasting op winste en tantième, kom die totaal op N$7,32 miljard te staan, gelykstaande aan 14,2% van die inkomste wat ons genereer het.
“As ons nou kyk na hoeveel van die geld binne die land bly, in ag genome van laas jaar, praat ons van 80% van die geld wat ons gegenereer het, 80% daarvan binne die ekonomie gebly,” sê Malango. Volgens hom maak dit Namibië ’n uitsondering en voorloper in Afrika.
Die uitvoerende hoof het ook die rekord-belegging in eksplorasiebesteding benadruk wat mynbou in Namibië vir die 2024-boekjaar aangeteken het. Teen N$1,45 miljard was eksplorasiekoste vir 2024 aansienlik meer as 2023 se besteding van N$891 miljoen.
Eksplorasie is baie belangrik vir die volhoubaarheid van mynbou in Namibië en noodsaaklik vir die vestiging van nuwe myne, wat saam met die uitbreiding van bestaande myne en die betrokkenheid van meer Namibiese entrepreneurs in plaaslikke verkryging vir mynbougoedere en -dienste, die hoof maniere bly waardeur Namibië meer waarde uit sy mineraalvoorraad sal kan kry, sê hy.
Kyk 'n video van die geleentheid hier: q.my.na/CLW0
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie