Kombat myn weer

Augetto Graig
Ná skietwerk vandeesweek op Kombat by Trigon Metals se kopermyn, is 10 000 ton erts losgeskiet.

Trigon se uitvoerende hoof, Jed Richardson, het Kombat Dinsdag besoek om die skietwerk waar te neem en om die “groot week” by die myn deur te bring,

Dit in afwagting van die meule se ingebruikneming ná sowat US$14 miljoen se opgraderings en die bou van ’n nuwe uitskotfasiliteit by die myn.

Volgens hom het die Kanadese maatskappy, wat op die Toronto-aandelebeurs genoteer is, talle komponente reeds in plek om vinnig te vorder na die produksie van koperkonsentraat vir uitvoerdoeleindes gedurende – of teen die einde van – Augustus.

Trigon het nou die kapitaalbesteding vir die oopgroefmyn voltooi om die nodige personeel, permitte, goedkeuring en omgewingsklaring in plek te sit.

Oor die laaste paar maande word gemyn om voorraad vir die meule op te bou.

Met die meule wat operasioneel sal wees, beweeg Trigon nader aan die deurlopende voer van erts deur die produksielyn.

“Dinge lyk baie goed. Ons het erts in die bergingsarea waarin die mineralisasie duidelik sigbaar is,” sê hy.

“Die meule is in ’n baie goeie toestand. Oor die afgelope weke het ons die ertsbrekery (crushing circuit) verbeter en ons het twee nuwe klipbrekers vanaf Xinhai geïnstalleer. Beter pompe is ook geïnstalleer om die vloei en veerkragtigheid van die meule te verbeter, saam met algemene doeltreffendheid en kragverbruik.

“Die stelsel presteer goed en ek verwag ons sal oor die volgende maande en jare goed vaar,” sê hy.

Volgens Richardson het Trigon ook sowat US$5 miljoen op die verkryging van toerusting vir sy beplande ondergrondse uitbreiding bestee.

Tog het die maatskappy steeds sowat US$20 miljoen in kontant vir uitgawes oor die komende tydperk beskikbaar, voeg hy by.

In ’n vrystelling wat terselfdertyd uitgereik is, gee Trigon besonderhede van die onlangse verwikkelinge. Daarvolgens het mynboubedrywighede in die oopgroefmyn weer in Meimaand begin. Dit nadat bedrywighede op Kombat in Augustus verlede jaar opgeskort is.

Sedert Mei is 500 000 ton afvalrots gemyn, en 15 000 ton erts is as voorraad vir die meule geberg, volgens die vrystelling.

Daarvolgens is die tweede stampmeule verlede week geïnstalleer.

Trigon wil teen April volgende jaar ondergronds begin myn. Voorbereiding daarvoor sluit in die jongste lewensvatbaarheidstudies, die uitbreiding van die voertuigvloot, die verdubbeling van die verwerkingsaanleg se kapasiteit en die voorbereiding van die tonnels wat voormalige kopermyne op Kombat agtergelaat het.

SRK Consulting voer die lewensvatbaarheidstudie uit, met syfers vir die eerste fase vir die ondergrondse uitbreiding in Asis West wat in Augustus verwag word, en syfers vir fase twee by Asis Far West in Oktober.

Die pompe om die water, wat Kombat se ondergrondse mynbedrywighede in 1998 lamgelê het en weer mynbou in 2008 tot stilstand gebring het, uit te pomp, moet ook volgende maand aangeskakel word, sê Trigon.

Kragopwekkers is in plek om te verseker die pompe kry ononderbroke kragtoevoer. Toerusting vir ondergrondse mynbedrywighede wat bygekoop is, sluit onder meer ’n skraper vir die tonnels in.

“Die meerderheid van die ondergrondse vloot sal nuut by Epiroc aangekoop word, en die maatskappy werk saam met Epiroc om finansiering te bekom om die toerusting aan te koop,” sê Trigon Metals.

In dieselfde asem het Trigon ook die aanstelling van sy nuwe produksiegeoloog aangekondig. Pedro de Jesus spesialiseer in graadbeheer, geotegniese studies en eksplorasiegeologie en ná 18 jaar is hy hoogs ervare in die mynbedryf, volgens die mynbouer.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 15° | 32° Tsumeb: 15° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Wind speed: 40km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:26, High tide: 10:41, Low Tide: 16:45, High tide: 23:19 Swakopmund: 16° | 18° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:39, Low Tide: 16:43, High tide: 23:17 Walvis Bay: 17° | 25° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:38, Low Tide: 16:43, High tide: 23:16 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 31° Keetmanshoop: 20° | 32° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 16° | 29° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 14° | 25° Maseru: 10° | 26° Antananarivo: 15° | 25° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 18° | 28° Windhoek: 13° | 27° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 26° | 30° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 27° Currency: GBP to NAD 23.2 | EUR to NAD 19.89 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.57 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.56 | USD to ZMW 26.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 302.72/OZ UP +0.49% | Copper US$ 4.45/lb DOWN -0.0121 | Zinc US$ 2 916.40/T UP 0.16% | Brent Crude Oil US$ 84.32/BBP DOWN -0.0273 | Platinum US$ 954.74/OZ UP +2.14% Sport results: LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Weather: Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 15° | 32° Tsumeb: 15° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Wind speed: 40km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:26, High tide: 10:41, Low Tide: 16:45, High tide: 23:19 Swakopmund: 16° | 18° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:39, Low Tide: 16:43, High tide: 23:17 Walvis Bay: 17° | 25° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:38, Low Tide: 16:43, High tide: 23:16 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 31° Keetmanshoop: 20° | 32° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 16° | 29° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 14° | 25° Maseru: 10° | 26° Antananarivo: 15° | 25° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 18° | 28° Windhoek: 13° | 27° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 26° | 30° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.2 | EUR to NAD 19.89 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.57 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.56 | USD to ZMW 26.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 302.72/OZ UP +0.49% | Copper US$ 4.45/lb DOWN -0.0121 | Zinc US$ 2 916.40/T UP 0.16% | Brent Crude Oil US$ 84.32/BBP DOWN -0.0273 | Platinum US$ 954.74/OZ UP +2.14%