CONTEXT MATTERS: Hyphen CEO Marco Raffinetti. PHOTO: HYPHEN AFRICA
CONTEXT MATTERS: Hyphen CEO Marco Raffinetti. PHOTO: HYPHEN AFRICA

Hyphen verdedig 'geheimhouding' rondom ooreenkoms

Min besonderhede oor groenwaterstofprojek
Die parlement is een van die staatsinstellings wat glo in die duister is oor die grootste belegging in die land se geskiedenis.
Yandi Du Plessis
Nuusredaksie - Hyphen Hydrogen Energy se uitvoerende hoof, Marco Raffinetti, sê dit sal Namibië se mededingende voordeel knou as die groenwaterstofooreenkoms tussen dié maatskappy en die Namibiese regering openbaar gemaak word.

Raffinetti het ook na intellektuele eiendomsregte verwys as nog ’n rede waarom die ooreenkoms vertroulik moet bly.

“Verstaan asseblief dat dit nie in enige land ter wêreld die standaard is dat ooreenkomste soos hierdie openbaar gemaak word nie,” het hy verlede week gesê.

‘IN DIE DUISTER’

Die ooreenkoms vir die groenwaterstofprojek van N$192 miljard, waarin die regering van voorneme is om miljarde dollars te bestee om ’n aandeel van 24% te verkry, was ’n onderwerp van groot konsternasie – met onder andere die parlement wat beweer hulle is in die duister oor die transaksie.

Groen waterstof val onder Staatshuis, wat die parlementêre staande komitee oor natuurlike hulpbronne sonder toesighoudende magte oor die land se grootste beleggingsprojek ná onafhanklikwording laat.

In Junie het die komiteevoorsitter, Tjekero Tweya, in die parlement opgemerk: “Dit is ’n natuurlike hulpbron van die land, en as ’n komitee verantwoordelik vir natuurlike hulpbronne, het ons dit verlede jaar as ons hoofverantwoordelikheid gesien om meer inligting oor hierdie veelbesproke kwessie te kry – en die komitee is in terme van [sy] pligte gelei.

“Ons het die ministerie van myne en energie na Droombos, aan die buitewyke van Windhoek, genooi en tot ons teleurstelling het die ministerie nie meer lig op die kwessie gewerp nie. Hulle was nie in beheer van die projek nie. Ons is ingelig dat dit deur Staatshuis bestuur word,” het Tweya destyds gesê.

“Daar is ’n raad met ’n kommissaris, en daardie struktuur het nie noodwendig onder die departemente waaroor die komitee toesig hou, geval nie. Die feit is dat [groen waterstof] ’n natuurlike hulpbron is,” het hy bygevoeg, voordat Sophia Shaningwa, die sekretaris-generaal van Swapo, hom aangesê het om stil te bly.

“Jy maak diep melding van die kantoor van die president en Staatshuis, en ek is bevrees jy kry te veel,” het Shaningwa aan hom gesê.

BESKERM INTELLEKTUELE EIEINDOM

Maar Raffinetti, wat vir die eerste keer kommentaar gelewer het oor die vermeende geheimsinnigheid, het gesê die ooreenkoms het Hyphen en die Namibiese regering ’n massiewe €6 miljoen (meer as N$120 miljoen teen die huidige wisselkoers) gekos om te ontwikkel en kan dus nie net so in die publieke domein vrygestel word nie.

“Dit verteenwoordig ’n enorme hoeveelheid intellektuele eiendom van Hyphen en die regering,” het hy Vrydag gesê.

“Dit sal Namibië se mededingende voordeel knou om hierdie inligting beskikbaar te stel vir ander lande wat met Namibië wil meeding – gegewe die kommersieel sensitiewe inligting wat in die ooreenkoms vervat is.”

Raffinetti het benadruk dat baie lande probeer na-aap wat Namibië gedoen het met betrekking tot groen waterstof – en gesê die land is nou een van die wêreldleiers in hierdie nuwe sektor.

“Ek waardeer dat daar massiewe belangstelling in die projek is, maar ek sal asseblief nuuskieriges versoek om die implikasies van versoeke vir vertroulike inligting wat bekend gemaak moet word te oorweeg, gegewe hierdie werklikheid," het gesê.

“In die komende weke sal ons die sosioëkonomiese ontwikkelingsraamwerk vir die projek saam met die regering bekend stel en ek dink dit sal baie help om van die vrae te beantwoord.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28% Sport results: Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Weather: Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28%