Grootmaatkrag (net) 3,8% duurder
Die Elektrisiteitsbeheerraad (ECB) het ’n grootmaattariefverhoging van net 3,8% goedgekeur, heelwat laer as die 17,44% wat die nasionale kragverskaffer, NamPower, vir die 2025-’26-boekjaar versoek het.
Die verhoging sal die koste van elektrisiteit van N$1,98 per kWh tot N$2,06 per kWh verhoog.
Die besluit het kritiek ontlok, met sommige wat die toepaslikheid van die tariefaansoekproses bevraagteken en daarop gewys het dat NamPower nog nooit die verhoging ontvang het waarvoor hy gevra het nie.
Die kragverskaffer het sy finansiële uitdagings aangevoer as die hoofrede vir die voorgestelde tariefverhoging van 17,44%.
NamPower het verliese van N$157 miljoen vir die 2024-boekjaar aangeteken en sukkel steeds met ’n groeiende skuldlas wat nou al N$1 miljard nader.
Die ECB het verduidelik die raad moes bekostigbaarheid oorweeg en sy standaardmetodologie toepas. Gevolglik het die raad ’n kleiner verhoging van 3,8% goedgekeur, wat met N$283 miljoen van die Namibiese regering, NamPower se hoofaandeelhouer, gesubsidieer sal word.
STRUIKELBLOKKE
NamPower se senior bestuurder vir kragpryse en finansiële modellering, Christo Visser, het gesê die voorgestelde verhoging is noodsaaklik om die stygende koste van kragvoorsiening, inflasie en die ontwikkeling van infrastruktuur te takel.
“Altesaam N$157 miljoen is in 2024 verloor en ons totale uitstaande skuld het nou byna N$1 miljard bereik. Dis ’n reuse- finansiële las wat ons nie direk deur tariewe kan verhaal nie en dit stel ons in gevaar,” het hy gesê.
Hy het ook teen ernstige bedryfsuitdagings gewaarsku indien die voorgestelde tarief nie goedgekeur word nie.
“Hierdie skuld, wat vir lang tydperke nie betaal is nie, veroorsaak beduidende kontantvloeiprobleme. Ons kan nie so voortgaan sonder ’n tariefaanpassing nie,” het Visser gemaan.
Met verwysing na kommer oor die toepaslikheid van die tariefaansoek, het die ECB se uitvoerende hoof, Robert Kahimise, die reguleerder se rol in die beskerming van die belange van breë rolspelers beklemtoon.
“Wanneer ’n aansoek hier beland, balanseer ons daardie belang teen al die ander rolspelers. Waar die aansoeker se geprojekteerde voorspellingsrisiko ‘X’ is, mag ons van mening wees dit is nie X nie maar Y en dit verminder die koste wat versoek is,” het hy verduidelik.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie