No Image Caption

Groenwaterstof by dinkskrum bespreek

Twee kontrasterende standpunte voorgelê
'Tasbare' voordele vir die gemiddelde Namibiër is onduidelik, sê skeptici.
Yandi Du Plessis
Frank Steffen – Die Noordwes-Universiteit (NWU) in Suid-Afrika se Besigheidskool het Woensdag ’n konsultasievergadering gehou wat die algemene publiek kon bywoon om te luister na die argumente van ’n dinkskrum oor die onderwerp “Ontsluiting van die potensiaal van groenwaterstof op die pad na gedeelde voorspoed”.

Die gevolgtrekking van die dinkskrum blyk die volgende te wees: Groenwaterstof kan die genereerder van ’n beter toekoms vir Namibiërs op alle vlakke van die samelewing wees, mits ’n aantal faktore reg bestuur word – tot voordeel van die land en alle landsburgers.

Dr. Piet Croucamp, ’n senior lektor in politieke studies en internasionale betrekkinge aan die NWU en gewilde Suid-Afrikaanse TV-persoonlikheid, het as moderator opgetree.

Twee kontrasterende standpunte is voorgelê deur mnr. Rowland Brown, die bekende Namibiese ekonoom en medestigter van die waagkapitaalfirma Cirrus Capital, en mnr. Francois van Schalkwyk, die direkteur van beleggings en nuwe ontwikkelinge in die Namibiese Raad vir die Bevordering van Beleggings en Ontwikkeling (NIPDB).

Nadat hy gesê het hy beskou Namibië in die algemeen as ’n “groen staat” in terme van die land se bydrae tot koolstofvrystellings, het Brown verduidelik waarom hy glo Namibië moet toetreding tot die gas- en oliebedryf oorweeg.

“Die feit is dat die gas- en oliebedryf ’n gevestigde een is. Hulle weet wat hulle doen, hulle verstaan die risiko’s en hulle weet wat dit verg om olieterreine te ontwikkel en produksie aan die gang te sit. Die risiko is vasgestel en die ontwikkeling sal feitlik geen koste vir die Namibiese staat inhou nie. So ek weet wat my keuse sou wees.”

Hy het dit baie duidelik gestel dat hy baie krities is oor die bohaai wat oor die beoogde groenwaterstofprojek in die Suide gemaak word.

“As ’n land moet ons nie staatmaak op een enkele projek met so veel onbekende faktore en ’n resultaat wat eers oor die lang termyn gesien sal word nie, maar eerder die makro-ekonomiese stappe wat kan – en behoort te gedoen word om welvaart oor ’n baie korter termyn te verseker.”

Van Schalkwyk het op sy beurt gesê: “Dit is nie ’n perfekte wêreld nie en ons het beslis ’n lang pad om te gaan, maar ons het wel die waterstofproduksiegeleentheid benader deur vasgestelde prosesse en deur take aan ongeveer 80 mense toe te wys met die oog op hierdie verskillende aspekte.

“Natuurlik is hierdie ’n nuwe terrein en ons leer in die proses, maar ons kan ook terugval op die kennis van mense wat hierdie al voorheen gedoen het en die middele het om dit weer te doen.”

Hy het die totale waarde van die projek vir die gebied rondom die hawedorp Lüderitz op nagenoeg N$13 miljard beraam.

Dr. Seamus Duggan, hoof van taktiese intelligensie by EMEA, het bygevoeg: “Op die oomblik is daar nog niks nie.”

Hoewel hy NIPDB se werk geloof het, het hy aangevoer daar is nog te veel onbekende faktore en reëls en regulasies wat nie in plek is nie. “Regulasies is onvolledig en in ander gevalle word dit nie ten volle toegepas nie, as ons kyk na omgewingsimpakstudies wat nie aan die wetlike vereistes voldoen het in die geval van NMP [Namibian Marine Phosphate] en ReconAfrica nie,” het Duggan gesê.

Hy het gesê hy wil nog sien watter tipe oplossings aangebied sal word om ’n stil hawedorp soos Lüderitz te omskep in ’n nywerheidsdorp wat 17 000 of meer mense huisves.

“Hierdie mense sal hoofsaaklik van buite kom en hulle benodig behuising.”

Hy het ook in ’n waarskuwing na die gasontwikkeling in noord-Mosambiek verwys: “Dit was die grootste belegging in Afrika vir jare, maar daar het nog niks van gekom na baie jare nie. Mense het bankrot geword omdat hulle na politieke beloftes geluister het. Moenie in daardie strik trap nie. Belê sodra die projek ’n werklikheid word.”

In ’n stadium het die dinkskrum vasgeval by die bestuur van toekomstige staatsinkomste om te verseker dat gewone landsburgers daarby sal baat. Die antwoord blyk die soewereine welvaartfonds te wees wat die regering besig is om te stig.

Mnr. Josef Sheehama, die senior kredietbeampte van Bank Windhoek, en mnr. Renaldo du Pisani, die spanleier verantwoordelik vir ingenieurswese en elektriese dienste by Namibia Breweries Limited (NBL), het hulle sterk uitgespreek oor hoekom dit nodig is om ’n omgewing te kweek wat klein- en mediumgrootte ondernemings toelaat om betrokke te raak.

Sheehama voel die voordele van ’n reuse-waterstofontwikkeling sal waarskynlik tot gevolg hê dat Namibië ’n produsent van goedkoper elektrisiteit sal word “tot voordeel van 60% van ons mense wat in informele nedersettings bly”.

Terwyl Brown aangevoer het dat waterstof nog nie inkomstegenererend is nie en dít vir ’n aantal jare nog die geval sal wees, was Du Pisani meer optimisties: “NBL is in die proses om deur Heineken oorgeneem te word en dit is veelseggend dat ons nuwe eienaars groenprojekte ondersteun, selfs al verdien hulle nie ’n opbrengs op beleggings nie.”

Na aanleiding van daardie argument het een van die rolspelers later gesê: “Ons moet minder bekommerd wees oor of dit nou geld gaan maak, dit sal in die lang termyn beslis winsgewend wees. As die Europese Unie en Duitsland dit nou verstaan en bereid is om in waterstofproduksie te belê, moet ons land sekerlik daardie kans aangryp as dit oor ons pad kom.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 24 | EUR to NAD 20.57 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.1 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.49 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.29 | USD to KES 131.48 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 196.10/OZ UP +0.24% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0031 | Zinc US$ 2 439.40/T DOWN -0.7% | Brent Crude Oil US$ 86.36/BBP DOWN -0.0003 | Platinum US$ 892.91/OZ DOWN -0.0022 Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 24 | EUR to NAD 20.57 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.1 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.49 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.29 | USD to KES 131.48 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 196.10/OZ UP +0.24% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0031 | Zinc US$ 2 439.40/T DOWN -0.7% | Brent Crude Oil US$ 86.36/BBP DOWN -0.0003 | Platinum US$ 892.91/OZ DOWN -0.0022