Namibië neem deel van die dertigste Afrika Mynbou Indaba in Kaapstad.
Foto MME
Namibië neem deel van die dertigste Afrika Mynbou Indaba in Kaapstad. Foto MME

‘Groen’ toekoms vir plaaslike mynbou

Afvaardiging tans in Suid-Afrika
Die minister van myne sê die 30ste Mynbou-indaba bied aan Namibië 'n geleentheid om die land se potensiaal uit te lig.
Augetto Graig
Namibië neem deel aan die 30ste Mynbou-indaba in Kaapstad, Suid-Afrika, wat nog tot môre duur.

Die minister van myne en energie, Tom Alweendo, sê dit bied aan Namibië ’n geleentheid om die land se potensiaal uit te lig en om die beste praktyke in die streek en wêreldwyd met ander mynboulande te deel.

Minerale hulpbronne in Namibië sluit in diamante, goud, koper, sink, uraan, seldsame aardmetale en vele meer wat nog ontdek moet word.

Van die hulpbronne is veral belangrik vir toerusting om hernubare energie op te wek, volgens die ministerie, wat volhou dat saam met die bevorderlike beleidsomgewing, dit Namibië ’n gunstelingkeuse vir mynboubeleggings maak.

Mynbou is reeds belangrik vir die plaaslike ekonomie aangesien dit tot 12,2% van die bruto binnelandse produk (BBP) in 2022 bygedra het, en selfs 14,3% as die verwerking van minerale en waardetoevoeging ook in aanmerking geneem word.

Namibië doen stappe om volhoubare mynbou te bevorder en skep ’n “groen” toekoms, volgens die tema van die land se deelname aan die Indaba.

Afgevaardigdes van die ministerie asook afgevaardigdes van die Geologiese Opname van Namibië, Epangelo, NamPower, die Kamer van Mynwese en die Namibiese raad vir die bevordering van beleggings en ontwikkeling (NIPDB) woon die geleentheid by. Die afvaardiging word deur die adjunk- uitvoerende direkteur van myne en energie, Gloria Simubali, gelei.

“Dit is noodsaaklik dat ons ’n begrip onder ons potensiële beleggingsvennote skep dat Namibië se standvastige posisie om waarde tot ons minerale toe te voeg, deurslaggewend is vir die plaaslike ekonomie om te groei.

“Om ’n groen môre te bereik, moet ons ons verbintenis tot volhoubare mynboupraktyke versterk, met die toenemende wêreldwye vraag na kritieke minerale,” volgens Alweendo.

Benewens verskeie vergaderings met besighede en tussen besighede, sou Namibië ook vandag aan ’n gesprek oor die ontwikkeling van kritieke rou minerale en plaaslike waardetoevoeging in die Namibiese konteks deelneem.

Dit sal ’n geleentheid bied om Namibië as ’n bestemming vir mynboubeleggings uit te lig, en sal die nasionale standpunt in verband met waardetoevoeging weerspieël, volgens die ministerie.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-30

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 11° | 32° Rundu: 10° | 31° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 11° | 29° Ruacana: 13° | 29° Tsumeb: 13° | 28° Otjiwarongo: 10° | 26° Omaruru: 10° | 27° Windhoek: 8° | 23° Gobabis: 10° | 27° Henties Bay: 13° | 17° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 02:35, High tide: 08:47, Low Tide: 14:47, High tide: 21:27 Swakopmund: 13° | 15° Wind speed: 27km/h, Wind direction: S, Low tide: 02:33, High tide: 08:45, Low Tide: 14:45, High tide: 21:25 Walvis Bay: 12° | 18° Wind speed: 27km/h, Wind direction: S, Low tide: 02:33, High tide: 08:44, Low Tide: 14:45, High tide: 21:24 Rehoboth: 10° | 24° Mariental: 10° | 26° Keetmanshoop: 9° | 22° Aranos: 9° | 27° Lüderitz: 10° | 19° Ariamsvlei: 8° | 18° Oranjemund: 10° | 16° Luanda: 22° | 26° Gaborone: 11° | 26° Lubumbashi: 11° | 29° Mbabane: 13° | 24° Maseru: 5° | 20° Antananarivo: 12° | 21° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 17° | 28° Windhoek: 8° | 23° Cape Town: 12° | 15° Durban: 16° | 22° Johannesburg: 13° | 20° Dar es Salaam: 22° | 32° Lusaka: 15° | 29° Harare: 13° | 25° Currency: GBP to NAD 23.84 | EUR to NAD 20.31 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.77 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.03 | USD to AOA 852.22 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.2 | USD to KES 129.73 | USD to NGN 1320 | USD to ZAR 18.76 | USD to ZMW 26.95 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77161.71 Down -1.8% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1674.92 Down -2.89% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13313.64 Down -0.25% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26922.76 Down -0.62% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 341.72/OZ UP +0.14% | Copper US$ 4.62/lb DOWN -0.0254 | Zinc US$ 3 080.30/T DOWN -0.21% | Brent Crude Oil US$ 82.29/BBP DOWN -0.0172 | Platinum US$ 1 024.43/OZ DOWN -0.0131 Sport results: Weather: Katima Mulilo: 11° | 32° Rundu: 10° | 31° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 11° | 29° Ruacana: 13° | 29° Tsumeb: 13° | 28° Otjiwarongo: 10° | 26° Omaruru: 10° | 27° Windhoek: 8° | 23° Gobabis: 10° | 27° Henties Bay: 13° | 17° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 02:35, High tide: 08:47, Low Tide: 14:47, High tide: 21:27 Swakopmund: 13° | 15° Wind speed: 27km/h, Wind direction: S, Low tide: 02:33, High tide: 08:45, Low Tide: 14:45, High tide: 21:25 Walvis Bay: 12° | 18° Wind speed: 27km/h, Wind direction: S, Low tide: 02:33, High tide: 08:44, Low Tide: 14:45, High tide: 21:24 Rehoboth: 10° | 24° Mariental: 10° | 26° Keetmanshoop: 9° | 22° Aranos: 9° | 27° Lüderitz: 10° | 19° Ariamsvlei: 8° | 18° Oranjemund: 10° | 16° Luanda: 22° | 26° Gaborone: 11° | 26° Lubumbashi: 11° | 29° Mbabane: 13° | 24° Maseru: 5° | 20° Antananarivo: 12° | 21° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 17° | 28° Windhoek: 8° | 23° Cape Town: 12° | 15° Durban: 16° | 22° Johannesburg: 13° | 20° Dar es Salaam: 22° | 32° Lusaka: 15° | 29° Harare: 13° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.84 | EUR to NAD 20.31 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.77 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.03 | USD to AOA 852.22 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.2 | USD to KES 129.73 | USD to NGN 1320 | USD to ZAR 18.76 | USD to ZMW 26.95 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77161.71 Down -1.8% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1674.92 Down -2.89% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13313.64 Down -0.25% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26922.76 Down -0.62% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 341.72/OZ UP +0.14% | Copper US$ 4.62/lb DOWN -0.0254 | Zinc US$ 3 080.30/T DOWN -0.21% | Brent Crude Oil US$ 82.29/BBP DOWN -0.0172 | Platinum US$ 1 024.43/OZ DOWN -0.0131