c65551d8-19e8-41a0-b639-1e4fc6e195f7
c65551d8-19e8-41a0-b639-1e4fc6e195f7

Groen revolusie: Verskeie produkte sal uitgevoer word

Jemima Beukes
Tom Alweendo, die minister van myne en energie, het vandag aangekondig dat Namibië nie net beplan om groen waterstof uit te voer nie, maar ook groen ammoniak, groen staal, groen sink, eMethanol, sintetiese kerasal en yster.

Die langtermynstrategie is om drie groen waterstofgebiede te ontwikkel – in die //Kharas- en Kunenestreek, met Windhoek en die Walvisbaai-hawe as die sentrale punt. Namibië streef ook daarna om 'n geïntegreerde groen ekostelsel regoor Suider-Afrika te vestig.

Die minister het gesê met die strategie, wat daarop gemik is om welvaart vir Namibië te skep, word dit in gedagte gehou dat die land goed geplaas is om Europa, China, Japan, Suid-Korea en ander wêrelddele te dien.

Kommentaar

Republikein 2025-05-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer