Geingob steun litiumverbod

Namibië swig nie onder buitelandse druk
Die minister van mynbou en energie het gesê beleggers en mynmaatskappye moet hul lisensies verdien.
Augetto Graig
In president Hage Geingob se boodskap, soos voorgelees deur die visepresident Nangolo Mbumba, by die opening van die jaarlikse Mynbou-ekspo in Windhoek gister, het hy gesê hy steun Namibië se standpunt teen die uitvoer van kritieke onverwerkte erts-minerale ten volle.

“Afrika het ’n geleentheid om die narratief van die besit van oorvloedige minerale rykdom – terwyl sy burgers wankel onder die gevolge van armoede – te verander.

“As Afrikane, en daardeur die eienaars van minerale rykdom, is dit binne ons begeerte en middele om die plaag van armoede wat ons mense teister, te takel,” het Geingob by monde van Mbumba gesê.

Die president het verwys na die kritieke minerale in wêreldwye aanvraag wat vir die oorgang na hernubare energie benodig word asook in hoë tegnologie-toerusting wat die globale samelewing nou oorheers.

Die oorgang kan net verwesenlik word deur gebruik te maak van groot hoeveelhede van die minerale en Afrika besit ’n derde van die wêreld se minerale reserwes, het die president uitgelig.

Namibië moet dus die hulpbronne doeltreffend gebruik “om ons nasionale- en die vasteland se ontwikkelingsagenda te bevorder en om ons burgers in die hoofstroom van die mynbou-waardeketting te bring en daardeur ekonomiese bemagtiging te skep”.

Die president sê om weg te beweeg van koolstof-aangedrewe energie, het wêreldwye belang in eksplorasie, mynbou en die verwerking van kritieke minerale – soos litium en ander seldsame aardminerale – verskerp.

Die kabinet het vroeër vanjaar ’n verbod op die uitvoer van onverwerkte litium, seldsame aardminerale, kobalt, mangaan en grafiet geplaas.

Nogtans is ooreenkomste onlangs met die Europese Unie (EU), die Verenigde State van Amerika (VSA) en Japan onderteken om toegang tot die minerale vir dié lande te verseker.

“Ons het dit egter duidelik aan belangstellende partye en ander potensiële belanghebbers gemaak dat Namibië slegs sake sal doen met dié wat sy visie van plaaslike waardetoevoeging tot ons minerale – om voltooide produkte vir uitvoer te vervaardig – sal deel,” sê die president.

Volgens Geingob sal die verbod na verwagting beleggings in die vestiging van plaaslike verwerkingsaanlegte deur private entiteite of privaat-openbare-vennootskappe aanspoor.

Die minister van myne en energie, Tom Alweendo, het herhaal: “Ons sal daarop aandring dat rou kritieke minerale nie uitgevoer word sonder dat waarde nie plaaslik bygevoeg word nie.

“En, waar moontlik, sal ons daarop aandring dat verwerkte minerale as insette in plaaslik vervaardigde produkte, soos batterye, gebruik word – wat ons toelaat om vervaardigde produkte uit te voer,” sê hy.

Alweendo sê buitelanders verras hom wanneer hulle Namibië beskuldig dat die land minerale nasionaliseer en dat hulle die hulpkrete van armoede uit Afrika ondermyn.

Verder het die minister ’n waarskuwing aan mynmaatskappye gerig om nie bedrywighede voort te sit as hulle nie ’n lisensie het verdien nie: “Dit is diegene wat versuim om ’n wedersydse voordelige verhouding met hul belanghebbendes te skep – hetsy hul werknemers of die gemeenskappe vanwaar hulle sake doen. Dit is die beleggers wat maklik die reëls oortree; dié wat nie aan die voorwaardes van die mineraallisensie voldoen ten opsigte van veiligheid en die omgewing nie.

“Die boodskap aan hierdie beleggers is dat ons ’n land is wat onder die oppergesag van die reg beheer word, en dit geld vir almal. Dit is tyd dat jy begin om jou lisensie om [sake] te bedryf, te verdien,” sê die minister.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-10

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 33° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 33° Ruacana: 17° | 34° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 18° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:44, High tide: 04:42, Low Tide: 22:59, High tide: 17:11 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:40, Low Tide: 22:57, High tide: 17:09 Walvis Bay: 16° | 23° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:42, High tide: 04:39, Low Tide: 22:57, High tide: 17:08 Rehoboth: 16° | 29° Mariental: 18° | 30° Keetmanshoop: 13° | 29° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 13° | 27° Ariamsvlei: 10° | 25° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 31° Lubumbashi: 14° | 30° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 23° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 18° | 29° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 13° | 17° Durban: 19° | 24° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 30° Harare: 14° | 28° Currency: GBP to NAD 23.02 | EUR to NAD 19.83 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.42 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.02 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.42 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.69/OZ UP +0.60% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.12% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.47/OZ UP +1.03% Sport results: SerieA: Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Weather: Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 33° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 33° Ruacana: 17° | 34° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 18° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:44, High tide: 04:42, Low Tide: 22:59, High tide: 17:11 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:40, Low Tide: 22:57, High tide: 17:09 Walvis Bay: 16° | 23° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:42, High tide: 04:39, Low Tide: 22:57, High tide: 17:08 Rehoboth: 16° | 29° Mariental: 18° | 30° Keetmanshoop: 13° | 29° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 13° | 27° Ariamsvlei: 10° | 25° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 31° Lubumbashi: 14° | 30° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 23° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 18° | 29° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 13° | 17° Durban: 19° | 24° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 30° Harare: 14° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.02 | EUR to NAD 19.83 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.42 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.02 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.42 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.69/OZ UP +0.60% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.12% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.47/OZ UP +1.03%