Duidelikheid oor Vivo-Engen-samesmelting
NaCC wag op sperdatum, terugvoering
Vivo het tot einde November om al die geraakte 58 vulstasies van die hand te sit.
Vivo Energy Namibia hou vol hy het niks verkeerd gedoen met betrekking tot die voorwaardes wat die Namibiese Mededingingskommissie (NaCC) aan sy samesmeltingsooreenkoms met Engen in Namibië opgelê het nie.
Nóg die sperdatum, nóg die negatiewe impak op eienaars en werknemers van voormalige Engen-vulstasies landswyd, soos in die Staatskoerant van 12 Desember 2023 verbied word, is oortree nie, volgens Vivo se woordvoerder, Lazarus Nafidi.
Die voorwaardes vereis onder andere dat Vivo 58 vulstasies binne ’n aanvanklike tydperk van een jaar en ’n daaropvolgende bykomende ses maande moet verkoop. Vivo sal nie meer brandstof aan hierdie vulstasies kan verskaf nie, in ooreenstemming met die NaCC se vereistes.
Die NaCC se direkteur vir samesmeltings en verkryging, Johannes Ashipala, brei uit die sperdatum word egter eers vanaf 21 Mei 2024 bereken, aangesien die internasionale transaksie toe eers in Suid-Afrika goedgekeur is en dus plaaslik kon voortgaan.
Gevolglik het Vivo nog tot einde November om die vulstasies van die hand te sit.
“Die NaCC het die verkoop van 58 kleinhandelvulstasies verpligtend gemaak. Tot op hede is nie een van die vulstasies verkoop nie.
“Dis egter belangrik om daarop te let dat enige perseel wat nie meer binne die netwerk is nie, verkoop is weens die natuurlike verstryking van huurkontrakte, nie as deel van die verpligte verkoopproses nie,” het Nafidi verlede week bevestig.
“Vivo Energy werk binne die voorgeskrewe tydsraamwerk en het nie die sperdatum misgeloop nie,” voer hy aan.
“Ná die verkryging was dit nodig om kontraktuele terme dwarsoor die Vivo Energy-netwerk te standaardiseer. Hierdie hersienings is opgestel om in ooreenstemming met Vivo Energy se interne bestuur, operasionele protokolle en handelsmerkstandaarde te kom,” volgens Nafidi.
“Dis belangrik dat die wysigings só ontwerp is om te verseker dat voormalige Engen-kleinhandelaars nie benadeel word nie en in lyn gebring word met voorwaardes wat op bestaande Vivo Energy-kleinhandelaars van toepassing is,” het hy gesê.
“Vulstasie-operateurs het aanpassings ondergaan wat verband hou met operasionele prosesse, handelsmerkbou en verslagdoeningsprotokolle.
“Hierdie aanpassings het egter nie operateurs benadeel nie. Inteendeel, die meeste het voordeel getrek uit verbeterde ondersteuningstrukture, opgegradeerde stelsels en verbeterde integrasie in ’n groter streeknetwerk,” voeg Nafidi by.
Vivo het die indiensneming van 66 voormalige Engen-werknemers in die transaksie verseker, en Nafidi is onwrikbaar dat “almal na die samesmelting in die maatskappy geïntegreer is”.
Hy sê verder: “Ons weerlê enige bewerings van rassisme, viktimisering of geteikende afleggings. Vivo Energy voldoen aan streng indiensnemingstandaarde. Daar was geen samesmeltingsverwante afleggings nie en enige personeel het vrywillig die maatskappy verlaat, met individue wat geleenthede elders nagestreef het.”
“Die bewering dat Vivo Energy nou die mark oorheers en mededinging onderdruk, is ongegrond,” sê Nafidi.
Die NaCC se voorwaardes is as gevolg van die bevinding dat Vivo die plaaslike mark sou oorheers en volgens Ashipala “is dit die rede waarom hulle daardie volumes moet prysgee en daardie 58 vulstasies moet verkoop”.
Die aanvanklike eenjaarperiode vir die verkoop van die vulstasies was veronderstel om Namibiese kopers die eerste geleentheid te gee, met die tweede ses maande wanneer die bodproses vir buitelandse maatskappye oopgestel word, brei hy uit.
“Ons gee hulle [Vivo] die voordeel van die twyfel. Hulle sal na ons moet terugkom en verduidelik,” sê Ashipala.
Verder sluit die vereistes in dat vulstasies wat behou word, met normale bedrywighede sal voortgaan.
“Ons verwag nie dit sal ontwrigting vir vulstasiewerknemers veroorsaak nie.
“As mense geraak word, wil ons weet hoe hulle geraak word. Die probleem is dat mense nie praat nie, maar as ons ’n klagte ontvang, sal ons dit ondersoek en optree.”
“Ons posisie word versterk wanneer ons bewyse het,” sê Ashipala.
Volgens wetgewing is die NaCC gemagtig om oortredende besighede met tot ’n tiende van die vorige boekjaar se omset te beboet, sê hy.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie