Koperkatode kan binne 'n paar jaar op Omitiomire vervaardig word, indien planne om die kopermyn daar te ontwikkel vlot verloop.
Foto wikimedia.org
Koperkatode kan binne 'n paar jaar op Omitiomire vervaardig word, indien planne om die kopermyn daar te ontwikkel vlot verloop. Foto wikimedia.org

Blink toekoms wink vir Omitiomire-kopermyn

Honderde werksgeleenthede moontlik
Craton Mining and Exploration verwag dat die myn in sy leeftyd tussen 25 000 en 30 000 ton koperkatode sal produseer.
Augetto Graig
’n Nuwe kopermyn word sowat 40 km suid van Hochfeld en 140 km noordoos van Windhoek beplan en sal na verwagting meer as 42 000 ton hoëgehalte koper ontgin.

Craton Mining and Exploration verwag dat die Omitiomire-kopermyn in sy leeftyd tussen 25 000 en 30 000 ton koperkatode sal produseer. Die projek se lewensduur – tussen 13 en 15 jaar – is volgens ’n verslag van Craton vir die vierde kwartaal van 2023, minstens N$6,73 miljard werd.

Craton het onlangs sy omgewingsklaring van stapel gestuur deur Environmental Compliance Consultancy (ECC) opdrag te gee om insette met betrekking tot die beplande nuwe myn tot 3 April in te vorder.

Inligting wat deur die omgewingskenners versprei is, dui daarop dat die myn oor ’n tydperk van 24 maande gebou sal word, met ongeveer 700 nuwe werksgeleenthede. Sodra die myn operasioneel is, sal sowat 600 mense op die myn werk, met ’n bykomende ondersteuningspan wat by die Windhoek-hoofkantoor gesetel sal wees.

Die konstruksie van die myn (ML197) kan na verwagting so vroeg as volgende jaar begin. Inwoners van nabygeleë Steinhausen en Omitara, en ander belanghebbendes, word versoek om insette na [email protected] te stuur en meer inligting op ECC se webwerf te bekom.

Craton is al sedert 2007 besig om die nuwe myn te ontwikkel en verwag om teen die middel van vanjaar sy uitvoerbaarheidstudie gereed te hê vir bankdoeleindes.

Craton se verslag beklemtoon dat die vierde fase van metallurgiese toetsing na verwagting sal lei tot laer bedryfskoste, minder gebruik van suur en korter logingsperiodes om marges te verbeter. Daarvoor moet die ingenieursontwerpe van die stroombrekers en die ekstraksie van oplosmiddels dalk oorgedoen word, volgens die verslag.

Operasionele bestuur sal deur Craton se personeel in samewerking met ’n mynkontrakteur verskaf word. Werknemers by die myn en aanleg sal glo weeklikse skofte werk en werknemers sal op die perseel geakkommodeer word.

Op die mynterrein moet onder andere werkswinkels, heinings, verblyfgeriewe, ’n eetsaal en onthaalgeriewe gebou word, tesame met die 250 m diep oopgroefmyn, die afvalrotstapels, infrastruktuur vir waterbestuur, kantore, kommunikasie-infrastruktuur en die verwerkingsaanleg. Die verblyfgeriewe sal bestaan uit ’n kombuis, eetsaal, waskamer, ’n ontspanningsentrum, moontlik met sportvelde.

Toegang tot beide die mynterrein en die dorpie sal streng beheer word.

Watertoevoer sal vanaf die Otavi-berge via die NamWater-kanaalstelsel gepomp word teen ongeveer 400 m3 per uur.

Krag kan deur ’n sonkragaanleg verskaf word of deur toegang tot bestaande NamPower-toevoer. ’n Hoë sekuriteitsheinings sal die mynterrein en die wooneenhede omring.

Die omgewingsbestuursplan behels die verlegging van die Swart Nossobrivier, terwyl die M53-pad ook verskuif moet word om verby die oopgroefmyn te loop. Byna US$10 miljoen word volgens die jongste syfers vir dié werk begroot.

Greenstone Resources LP en International Base Metals Bpk. het in 2019 ’n strategiese vennootskap aangegaan om die Omitiomire-projek te bevorder deur ’n verdiensteooreenkoms op Craton, waaruit Omico Mining ontstaan het.

Elia Shikongo is volgens sy webwerf die voorsitter van die Omico-direksie, saam met Prinus Hango, Purvance Heuer, Mike Stuaru, Thys du Preez en James Comfort as raadslede.

Alan Stephens is Omico se hoof van eksplorasie, Mike Stuart die projekbestuurder en Gary Vallerius die kostekonsultant terwyl Du Preez die projek se ingenieurswese bestuur.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026