Anixas-projek knars tot stilstand

Betalingsgeskil veroorsaak twis
'n Eis van N$30 miljoen wat een van die gesamentlike vennote ingestel het, kniehalter die finalisering van die projek.
Otis Daniels
Nuusredaksie – Werksaamhede by die Anixas II-kragstasie se konstruksieperseel op Walvisbaai word aansienlik vertraag.

Die kragstasie se hoofdoel is om die kragvoorsiening in die Namibiese kragnetwerk te ondersteun.

Die bouperseel, wat vroeër bedrywig was, lyk nou soos ’n spookdorp nadat sowat 240 van die 300 plaaslike werknemers weier om te werk weens wanbetaling en die perseel verlaat het. Die oorblywende 60 werknemers werk vir Telemenia en PHIM Investments.

Volgens ’n betroubare bron wat anoniem wil bly, het van die betrokke ondernemings hul werknemers verwyder, terwyl ander, soos die gegriefde Asbidud-werknemers, hulle gereedskap neergesit nadat hulle sedert Desember 2023 nie hul volle salarisse ontvang het nie.

“Wat Asbidud-werknemers betref, is hulle eers vanaf November gehelp met ‘voorskotte’ op hul salarisse. Hulle het net ’n gedeelte van hul salarisse ontvang en amptenare het hulle ingelig die maatskappy is nie betaal nie. Hulle is meegedeel dat hulle hul volle salarisse in Februarie sal ontvang,” sê die bron.

Die rede?

Volgens die bron het die betalingskwessie glo ontstaan toe ’n verteenwoordiger van een van die Namibiese gesamentlike onderneming (JV)-vennote na bewering N$30 miljoen geëis het bykomend tot die ooreengekome bedrae in die JV-ooreenkoms.

“Dié party het gedreig om in te meng, bedrywighede te onderbreek en nie saam te werk met enige van die vereistes van die projek nie, sou die JV nie aan die eise voldoen nie.

“Die oorblywende lede het na bewering NamPower genader om raad oor die situasie te vra. NamPower het die Namibiese maatskappy ingelig om sy inmenging, eise en dreigemente te staak aangesien die projek van nasionale belang is, veral as die huidige stand van Suid-Afrika se kragkwessies in ag geneem word.”

Die Namibiese maatskappy het egter glo geweier om saam te werk.

“Gevolglik is geen betalings aan enige werknemer, kontrakteur of verskaffer gemaak sedert November of Desember nie. Betalings wat wel gemaak is, was van die oorblywende toegewyde JV-lede,” het die bron gesê.

Volgens hulle poog die gesamentlike onderneming nou om die Namibiese maatskappy van die ooreenkoms te verwyder om beheer oor dié projek en die finansiering daarvan te herwin.

Die algehele konstruksie van die 50 megawatt-kragstasie – ter waarde van ’n geraamde N$1,2 miljard met ’n lewensduur van 25 jaar en gefinansier, besit en bedryf deur NamPower – is sowat 80% voltooi. Die konstruksie was aanvanklik geskeduleer om teen die derde kwartaal van verlede jaar voltooi te wees.

Die kontrak tussen NamPower en die verkose kontrakteur – ’n JV wat uit Telemenia (Israel), PHIM Investments en 26 Augustus (beide Namibies) bestaan – sluit die ingenieurswese, verkryging en konstruksie van die projek onder ’n sleutelkontrak (turnkey contract) in.

BESTE BELANGE OP DIE HART

Toe NamPower se korporatiewe kommunikasie- en bemarkingsbestuurder, Tangeni Kambangula, vir kommentaar genader is, het hy die vrae na die kontrakteur terugverwys.

Volgens Telemenia se uitvoerende hoof, Amir Kurz, bly die JV-vennote en NamPower toegewyd tot die suksesvolle voltooiing van Anixas II.

“Soos met enige groot energie- en infrastruktuurprojek kan gebeur, is daar soms uitdagings, en hierdie projek is geen uitsondering nie. Enige geskille wat binne die projek bestaan, word getakel ingevolge die kontraktuele ooreenkomste sowel as toepaslike wette, om te verseker dat alle optrede deursigtig, regverdig en gemik is op die beste uitkomste vir almal wat betrokke is.”

Kurz het beklemtoon dat hul prioriteit die integriteit en voltooiing van die projek is, met erkenning van die kritieke belang daarvan vir Namibië se energietoekoms.

“Vir hierdie doel is ons aktief betrokke by konstruktiewe dialoog en doen ons beslissende stappe om enige kwessies op te los, altyd met die projek se sukses en die gemeenskap se beste belange op die hart. Ons is dankbaar vir NamPower se deurlopende ondersteuning en die begrip van alle belanghebbendes terwyl ons deur hierdie kompleksiteite werk.

“Ons sien daarna uit om alle partye op hoogte te hou van ons vordering en die suksesvolle verwesenliking van hierdie projek.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026