Alweendo sê oor Angolese brandstof

Augetto Graig
Die minister van myne en energie, Tom Alweendo, sê Angolese brandstof is nie 'n oplossing vir Namibië teen hoë brandstofpryse nie.

Namibië se noordelike buurland kan in net 20% van sy eie behoeftes voorsien. "Dit is dus nie moontlik vir Angola om brandstof, synde petrol of diesel, aan ons te verkoop nie," het hy verlede week in antwoord op 'n vraag wat deur die parlementariër, mnr. Mike Kavekotora, in die Nasionale Vergaderin gestel is, gesê.

Die minister erken daar is begrip dat Namibiërs probeer om goedkoper brandstof te kry tydens die wêreldwye styging in pryse.

Alweendo het verduidelik dat hoewel diesel- en petrolpryse die afgelope 21 maande met sowat 83% gestyg het – van N$12 per liter in 2020, tot N$21 vir petrol en N$22 vir diesel tans – is verligting van oorkant die grens onwaarskynlik. Angola voer olie uit, maar nie petrol of diesel nie, het hy verduidelik.

Verder gebruik Angola petrol met ’n laer oktaan en diesel met meer swael is het en wat net effens goedkoper is as in Namibië. Dit bied minder doeltreffende werkverrigting is skadeliker vir enjins.

In Suid Afrika, waar brandstof met verskillende spesifikasies gekoop kan word, is die prysverskil tussen 93-oktaan en 95-oktaan maar 30 sent, terwyl 50ppm diesel 24 sent duurder as 500ppm diesel is. “Daar is dus nie 'n groot prysverskil in die brandstof nie, maar daar is 'n verskil,” sê hy.

Oplossings wat deur die ministerie ondersoek word, sluit in die sentralisering van brandstofinvoer om skaalvoordele te kan benut. Tans voer onafhanklike invoerders, insluitend die staatsbeheerde Namcor, afsonderlik brandstof na die land vir hul spesifieke kliënte in.

“Daar is ook ’n langtermyn-opsie wat ons ernstig moet oorweeg, en dit is om in 'n streeksraffinadery te belê. Angola het die besluit geneem om in 'n nuwe en hopelik groter raffinadery te bou.

“In die gees van plaaslike ekonomiese samewerking maak dit sin vir buurlande om saam met Angola in hierdie onderneming te belê, waar die streek die mark word. Dit is iets wat ons met Angola gaan bespreek,” het Alweendo gesê.

Gemcorp is ’n private finansierder wat saam met die regering van Angola besig is om die raffinadery by Cabinda te vergroot – eers tot die produksie van 30 000 vate verfynde brandstof per dag teen ʼn beleggingskoste van US$350 miljoen, en daarna tot 60 000 vate per dag, wat sowat US$1 miljard sal kos, toon inligting op Gemcorp se webblad.

Toetse op die gehalte brandstof van die nuwe vervaardigingsmodules vir die aanleg, is in Mei vanjaar in Amerika voltooi en dit word nou in Angola opgerig.

In Julie het Angola ook sy raffinadery by Luanda begin uitbrei om nasionale produksie met nog 15% te vergroot, aldus 'n verklaring deur die staatsonderneming Sonangol en sy Italiaanse vennoot, ENI.

Daabenewens is Soyo die nuwe US$3,5 miljard-aanleg in die noorde van Angola met ’n produksiekapasiteit van 100 000 vate per dag wat Amerika se Ouanten Consortium teen 2025 wil bou.

Verder het Zambië in April met Angola ooreengekom om saam die splinternuwe raffinadery van 200 000 vate per dag by Lobito te bou. Sonangol verwag om daar teen 2026 in bedryf te wees. [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!