Afrika-waterstofberaad beloof groot geleenthede
Jongmense sal by geleentheid betrek word
Klein besighede word doelbewus betrek, met 15 projekvoorstelle wat verlede jaar ingedien en oorweeg is.
Die Globale Afrika-waterstofberaad 2025 is Maandag in die hoofstad van stapel gestuur.
Die geleentheid word vanaf 9 tot 11 September in Windhoek beplan onder die tema “Ambiese in aksie: Die aanwakker van Afrika se ontwikkelingsrewolusie in groennywerhede”.
Dit belowe om selfs groter te wees as die eerste een verlede jaar, volgens die organiseerders dmg events, die Namibiese raad vir die bevordering van beleggings en ontwikkeling (NIPDB) en die ministerie van nywerheidsontwikkeling, myne en energie.
NIPDB se bemarkingsbestuurder, Catherine Shipushu, sê hulle verwag om die direkte ekonomiese impak van US$3,5 miljoen van die aanvanklike beraad te oortref en meer as die 1 400 afgevaardigdes te lok wat die 2024-beraad bygewoon het.
JONGMENSE
Die groenwaterstofkommissaris, James Mnyupe, sê ministers en adjunkministers van 17 verskillende lande is tussen meer as 1 500 individue wat reeds die groenwaterstofraad genader het met die oog op deelname aan die beraad.
Tog benodig die ontwikkeling van waterstofnywerhede op die vasteland ook ondersteuning, toewyding en die betrokkenheid van jongmense, sê hy.
Vanjaar sal jongmense doelbewus betrek word en volgens Damien Howard van dmg events, sal 200 uitgesoekte jongmense genooi word om die tweedaagse program, op 10 en 11 September, gratis by te woon om geleenthede en vaardighede op te doen.
Rolspelers van die akademie en in die sakewêreld word ingespan om die regte jongmense te identifiseer, sê hy.
“Die jeug moet ook aan tafel sit,” voer Howard aan.
“Ons moet vandag belê vir die werk van môre,” sê hy en voeg by dat Afrika teen 2050 met die grootste werksmag ter wêreld sal spog. Verlede jaar is 100 uitnodigings vir jeugbetrokkenheid uitgestuur.
Verder is onderhandelinge aan die gang met die nasionale uitsaaier [NBC] om inhoud van die beraad regstreeks te kan uitsaai, voeg Howard by.
SUKSESVERHALE
Klein besighede word ook doelbewus betrek, met 15 projekvoorstelle wat verlede jaar ingedien en oorweeg is. Suksesverhale sal by die beraad gedeel word, sê hy.
Intussen is 52 voorstelle reeds vir vanjaar ontvang, waarvan 19 uit Namibië kom en 90% beginondernemings voorstel, sê Howard.
Mnyupe sê Namibië is een van sewe begunstigdes wat voordeel uit die Klimaatbeleggingsfonds (CIF) trek, wat US$250 miljoen beskikbaar gestel het vir toelaes vir groenwaterstofontwikkeling in die private sektor.
Die fondse is ook vir vaardigheidsontwikkeling, geslagsgelykheid en die mobilisering van openbare en private sektorhulpbronne geoormerk, sê hy.
Groot en klein projekte word oorweeg, insluitend beginondernemings wat nie noodwendig direk by die waterstofbedryf betrokke is nie, sê hy.
Volgens Julia Muetudhana, die NIPDB se uitvoerende beampte vir talent, vernuwing en produktiwiteit, is diversiteit nodig om werksgeleenthede te verseker en samewerking tussen nywerhede moet meer internskappe bied om byvoorbeeld Namibië se 3 000 werklose gegradueerde ingenieurs in diens te neem.
Sy sê sowat 1 400 internskapgeleenthede is reeds deur samewerking met die private sektor geskep.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie