Windhoek die 13de duurste stad in Afrika

Goedkoper in vergelyking met ander stede
Drie Suid-Afrikaanse stede val ook onder die toptien Afrikastede met die hoogste lewenskoste.
Kristien Kruger
Ellanie Smit - Hoewel Windhoek onder die twintig Afrikastede met die hoogste lewenskoste gereken word, wil dit voorkom asof die Namibiese hoofstad eintlik goedkoper geword het in vergelyking met ander stede in Afrika.

Die Numbeo Cost of Living-indeks het Windhoek vanjaar aangewys as die 13de duurste Afrikastad om in te woon, terwyl die hoofstad in 2021 die tiende plek op die indeks beklee het.

In 2020 was Windhoek volgens dié indeks die vierde duurste stad in Afrika. Windhoek is nie op verlede jaar se ranglys ingereken nie.

Die indeks neem die relatiewe koste in verskeie kategorieë soos huur, kruideniersware, restaurante en plaaslike kragpryse in ag.

ANDER LANDE

Volgens die indeks is die tien duurste Afrikastede om in te woon as volg: Dakar in Senegal, gevolg deur Addis Abeba in Ethiopië, Abidjan in die Ivoorkus, Harare in Zimbabwe, Johannesburg in Suid-Afrika, Lagos in Nigerië, Pretoria in Suid-Afrika, Gaborone in Botswana, Kaapstad in Suid-Afrika en Khartoum in Soedan.

Die goedkoopste Afrikastad om te woon is Giza in Egipte - waar ’n persoon slegs N$16 093 sal nodig hê om dieselfde lewenstandaard te handhaaf waarvoor mens N$36 000 in Windhoek sal moet opdok.

Republikein se susterkoerant Namibian Sun het Windhoek met die Suid-Afrikaanse stede op die indeks - Johannesburg, Pretoria en Kaapstad - vergelyk om vas te stel wat die verskille is.

Daarvolgens sal 'n persoon minstens N$42 000 in Johannesburg benodig om dieselfde lewenstandaard te handhaaf as wat jy met N$37 300 in Windhoek kan bekostig. Dit indien jy verblyf in albei stede huur.

In Pretoria sal jy N$39 000 nodig hê om dieselfde lewenstandaard te handhaaf as wat jy met N$37 800 in Windhoek kan hê, terwyl dit jou in Kaapstad N$44 000 sal kos om die lewenstandaard te handhaaf wat jy met N$36 900 in Windhoek kan bekostig.

Volgens die opname is die huurkoste vir 'n eenslaapkamerwoonstel in Windhoek se middestad sowat N$6 388 teenoor sowat N$5 000 in die voorstede.

In Johannesburg sal dit N$7 024 kos om in die middestad te huur en N$6 434 vir die voorstede, terwyl dit in Pretoria onderskeidelik N$5 483 en N$5 966 kos en in Kaapstad N$11 835 en N$8 129.

Benewens huur kan die maandelikse koste van nutsdienste in Windhoek vir 'n woonstel van 85 vierkante meter sowat N$1 590 beloop.

In Johannesburg kos nutsdienste sowat N$1 853, in Pretoria N$1 682 en in Kaapstad N$1 274.

UITGAWES

Om 'n nuwe Volkswagen Golf of 'n gelykwaardige motor te koop sal sowat N$347 050 in Johannesburg kos, N$300 000 in Pretoria en in Kaapstad N$320 000, terwyl dit sowat N$150 000 in Windhoek kos.

Verder sal maandelikse klasgelde vir 'n private preprimêre- of kleuterskool vir een kind in Windhoek sowat N$2 124 beloop, terwyl dit in Johannesburg N$4 012 sal kos en sowat N$3 836 in Pretoria en in Kaapstad.

'n Driegangmaaltyd vir twee mense by 'n middelklasrestaurant kan sowat N$675 in Windhoek kos, terwyl 'n gemiddelde bottel wyn sowat N$60 is.

In Johannesburg, Pretoria en Kaapstad kan 'n driegangmaaltyd vir twee by 'n middelklasrestaurant sowat N$600 beloop en 'n gemiddelde bottel wyn kos N$80.

In Windhoek is plaaslike bier baie goedkoper as in Johannesburg en Pretoria en kos sowat N$25 vir 500 ml, terwyl dit in die drie Suid-Afrikaanse stede tussen N$35 en N$40 kos.

'n Gewone witbrood kos sowat N$12,90 in Windhoek, terwyl dit in Johannesburg N$16,23, in Pretoria N$14,62 en in Kaapstad N$17 kos.

Produkte soos melk, vrugte en groente is egter baie duurder in Windhoek as in die drie Suid-Afrikaanse stede.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!