Me. Helvi Fillipus tydens Dinsdag se geleentheid. Foto Augetto Graig
Me. Helvi Fillipus tydens Dinsdag se geleentheid. Foto Augetto Graig

Welwitschia Fonds onder bespreking

Finansministerie vra vir insette
Burgerlike organisasies het vrae oor die fonds se bestuur en die minister en kabinet se magte geopper.
Augetto Graig
Die ministerie van finansies vra vir insette oor die wetsontwerp wat opgestel word vir Namibië se Welwitschia Soewereine Fonds wat in Mei vanjaar bekend gestel is.

Konsultasies by die Huis van Demokrasie in die hoofstad is Dinsdag met burgerlike organisasies en ander belanghebbendes gehou.

Me. Helvi Fillipus, adviseur van die minister van finansies, het oor die wetsontwerp waarvoor N$300 miljoen reeds opsy gesit is, uitgebrei.

Die ministerie beoog om die wetsontwerp spoedig op te stel sodat dit in die volgende finansiële boekjaar in die parlement ter tafel gelê kan word.

Fillipus sê die fonds sal 100% aan die staat behoort en deur die staat se bates gefinansier word, terwyl die Bank of Namibia (BoN) die fondsadministrateur sal wees.

Volgens die wetsontwerp sal geen nuwe belasting vir die fonds ingestel word nie.

Die fonds sal uit twee onafhanklike afdelings bestaan, naamlik een om vir toekomstige generasies te spaar, en die ander vir fiskale stabiliteit en om stabiliteit van reserwes te verseker.

Verskillende inkomstebronne sal aan elk van dié afdelings toegewy word.

Spesifiek word inkomste van niehernubare natuurlike hulpbronne vir besparing vir die toekoms oorweeg, soos byvoorbeeld 15% van inkomste vanaf minerale tantième of 100% van verwagte olie- en gasinkomste. Dit is een van die kwessies waaroor insette gevra word.

Om stabiliteit te verseker, oorweeg die regering ’n 10%-inkomste vanaf hernubare bronne soos groenwaterstof, of inkomste vanaf natuurlike hulpbronne wat meer as die gemiddeld in ’n drie jaar periode insamel.

SACU-inkomste van meer as dié gemiddeld kan ook hierheen vloei, brei sy uit.

Die ministerie vra ook insette oor die toepaslike beginsels van toekomstige inkomste vir die fonds; hoeveel inkomste vir olie en gas gespaar moet word; hoe die fonds bestuur sal word; en hoe verwikkelinge met betrekking tot die fonds openbaar gemaak moet word.

Mnr. Graham Hopwood van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing (IPPR), me. Carola Engelbrecht, koördineerder van CIVIC 264 (moderator) en me. Naita Hishoono, uitvoerende direkteur van die Namibië Instituut van Demokrasie, was by die geleentheid teenwoordig.

Ander deelnemers het prof. André du Pisani, mnr. Klaus Schade, direkteur van die Ekonomiese Vereniging van Namibië (EAN), mnr. Harald Schütt en oudburgemeester van Windhoek, dr. Job Amupanda, ingesluit.

Amupanda het beswaar gemaak oor die BoN se bestuur van die fonds.

“Ek vertrou die BoN vir ’n verskeidenheid van redes nie,” het hy gesê, met verwysing na die ineenstorting van die SME Bank.

Hy wil ook weet hoekom daar nie ’n nuwe belasting oorweeg word nie, aangesien ’n soewereine fonds ’n radikale ingryping tot verbeterde lewensomstandighede behoort te wees, waar burgers ook toegelaat moet word om by te dra, sê hy.

Volgens Du Pisani is die bestuur van die fonds vir hom ook kommerwekkend en hy betreur die afwesigheid van maatskaplike en gesamentlike keuses as dit kom by die gebruik van die fonds.

Hopwood het spesifiek artikel 9 van die wetsontwerp, wat die finansminister, mnr. Iipumbu Shiimi, en die kabinet ingrypende magte in terme van die beleid op belegging en gebruike van die fonds gee, bevraagteken.

“Daar is reeds baie wantroue,” sê hy met verwysing na die Minerale Ontwikkelingsfonds wat ’n stille dood gesterf het.

Me. Rinaani Musutua van die BIG Koalisie het gesê: “Ek is teleurgestel dat die huidige generasie arm sal sterf. Die fokus is net op die toekoms. As ons nie vandag se probleme takel nie, los ons hulle net agter vir die generasies wat volg,” het sy gesê.

Om ’n kopie van die wetsontwerp te bekom, of om insette te lewer, stuur ’n e-pos na [email protected].

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-07-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: NovaVit Griffons 45 vs 47 Toyota Cheetahs XV Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 11° | 31° Eenhana: 11° | 33° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 27° Otjiwarongo: 9° | 26° Omaruru: 9° | 27° Windhoek: 8° | 24° Gobabis: 5° | 23° Henties Bay: 11° | 16° Swakopmund: 12° | 15° Walvis Bay: 11° | 20° Rehoboth: 5° | 22° Mariental: 5° | 19° Keetmanshoop: 4° | 16° Aranos: 5° | 20° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 6° | 14° Oranjemund: 10° | 15° Luanda: 19° | 21° Gaborone: 8° | 23° Lubumbashi: 12° | 31° Mbabane: 10° | 27° Maseru: 1° | 11° Antananarivo: 10° | 25° Lilongwe: 15° | 29° Maputo: 18° | 33° Windhoek: 8° | 24° Cape Town: 9° | 13° Durban: 14° | 20° Johannesburg: 8° | 16° Dar es Salaam: 21° | 31° Lusaka: 16° | 31° Harare: 14° | 28° Currency: GBP to NAD 23.47 | EUR to NAD 19.84 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.28 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.22 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 872.64 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1598.89 | USD to ZAR 18.31 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1807.67 Up +1.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13660.65 Up +0.14% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29090.57 Down -0.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9392.07 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 387.02/OZ UP +0.98% | Copper US$ 4.11/lb DOWN -0.001 | Zinc US$ 2 678.50/T DOWN -0.29% | Brent Crude Oil US$ 80.81/BBP DOWN -0.022 | Platinum US$ 935.05/OZ UP +0.34% Sport results: Currie Cup: NovaVit Griffons 45 vs 47 Toyota Cheetahs XV Weather: Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 11° | 31° Eenhana: 11° | 33° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 27° Otjiwarongo: 9° | 26° Omaruru: 9° | 27° Windhoek: 8° | 24° Gobabis: 5° | 23° Henties Bay: 11° | 16° Swakopmund: 12° | 15° Walvis Bay: 11° | 20° Rehoboth: 5° | 22° Mariental: 5° | 19° Keetmanshoop: 4° | 16° Aranos: 5° | 20° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 6° | 14° Oranjemund: 10° | 15° Luanda: 19° | 21° Gaborone: 8° | 23° Lubumbashi: 12° | 31° Mbabane: 10° | 27° Maseru: 1° | 11° Antananarivo: 10° | 25° Lilongwe: 15° | 29° Maputo: 18° | 33° Windhoek: 8° | 24° Cape Town: 9° | 13° Durban: 14° | 20° Johannesburg: 8° | 16° Dar es Salaam: 21° | 31° Lusaka: 16° | 31° Harare: 14° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.47 | EUR to NAD 19.84 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.28 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.22 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 872.64 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1598.89 | USD to ZAR 18.31 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1807.67 Up +1.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13660.65 Up +0.14% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29090.57 Down -0.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9392.07 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 387.02/OZ UP +0.98% | Copper US$ 4.11/lb DOWN -0.001 | Zinc US$ 2 678.50/T DOWN -0.29% | Brent Crude Oil US$ 80.81/BBP DOWN -0.022 | Platinum US$ 935.05/OZ UP +0.34%