Myrtle Growth Capital sê geld wat geoormerk is vir die bou van 'n Noordekampus vir die privaat skool Amazing Kids, is veilig. Foto argief
Myrtle Growth Capital sê geld wat geoormerk is vir die bou van 'n Noordekampus vir die privaat skool Amazing Kids, is veilig. Foto argief

Vrae oor GIPF-belegging van N$12 miljoen

Bestuurders ontken enige ongerymdhede
'n Eksterne ouditeur het vrae geopper oor N$12 miljoen van die staatspensioenfonds se geld wat glo vir ander doeleindes as die beoogde beleggingsdoelwit gebruik is.
Ogone Tlhage
Ongerymdhede wat “waarskynlike bedrieglike betalings” en “belastingontduiking” behels en waarby N$12 miljoen wat aan die regering se pensioenfonds (GIPF) behoort betrokke is, is by die Namibiese Toesighoudende Owerheid vir Finansiële Instellings (Namfisa) en Raad vir Openbare Rekenmeesters en Ouditeure (PAAB) aangemeld.

Die geld is in Amazing Kids Private School and Academy belê sodat ’n kampus in die Noorde gebou kan word.

Die skool se eksterne ouditeure, Mac & Associates, het – soos van alle geregistreerde ouditeure in die land vereis word – beweerde onreëlmatighede in Myrtle Growth Capital se hantering van die gelde wat hy namens GIPF in die skool belê het, by PAAB aangemeld.

Een bron het gesê: “Die skool word gebruik as ‘n kanaal om geld van GIPF te kry en dié geld word gebruik vir ander dinge as die doel waarvoor dit toegeken is.”

“Ouditeure het ontdek dat geld elders heen herlei is, maar hulle kon nie vasstel wie betaal is nie.”

PAAB het op sy beurt gesê hy het die onreëlmatigheid in November 2021 by Namfisa, GIPF en die Namibiese Inkomste-agentskap (NamRA) aangemeld, het mnr. Zaa Nashandi, hoof van die sekretariaat, bevestig.

“Die onreëlmatigheid het verband gehou met waarskynlike bedrieglike betalings vir werk wat nie gedoen is nie en waarskynlike BTW- en inkomstebelastingontduiking,” het hy verlede week by navraag aan ons susterkoerant Namibian Sun gesê.

Hy het bygevoeg PAAB se mandaat eindig sodra die saak by die betrokke owerhede aangemeld is.

SKRYF SKULD AF

GIPF het N$29,7 miljoen in die destydse Musa Capital – wat sedertdien Myrtle Group geword het – deur sy Namibia Mid-Capital Fund belê. Musa Capital is in Suid-Afrika, sy land van oorsprong, op sakeredding geplaas nadat hy versoek het dat skuld van ‘n N$22,6 miljard-lening afgeskryf word.

Ten tyde van die belegging in Amazing Kids was die Ontwikkelingsbank van Namibië (DBN) die primêre finansierder, en geld is aangevul deur ekwiteitsfinansiering deur die Namibia Mid-Capital Fund.

Myrtle Growth Capital Fund het ontken dat hy geld uit Namibië wat in die elite privaat skool belê moes word, elders oorgeplaas het, en volgehou dat daar vir elke sent verantwoord kan word.

ROOI VLAE

Dr. Job Amupanda, die Affirmative Repositioning (AR)-aktivis, het verlede week kommer laat ontstaan toe hy beweer het Musa Capital het geld wat van die GIPF ontvang is uit Namibië oorgeplaas.

Amupanda het beweer dit is onbekend waar ’n bedrag van N$12 miljoen is wat vir die bou van die skool se kampus bewillig is.

“Hulle het N$12 miljoen gekry om ‘n kampus in die noorde te bou. Hierdie kampus is nie gebou nie, maar geld het skynbaar verdwyn. Beide GIPF en Namfisa is hiervan bewus, maar swyg,” het die voormalige burgemeester van Windhoek gesê.

GEEN GELD VERKWIS

Mnr. Jerome Mouton, besturende direkteur van Myrtle Group, het die aantygings ontken en gesê die fonds het die nodige prosedure gevolg om die geld wat hy namens die GIPF bestuur, te belê.

Volgens hom is die geld wat vir die bouprojek geoormerk is tans veilig, hangende die goedkeuring van die skoolraad.

“Die volle bedrag van die kapitaal wat belê is, is volgens die goedgekeurde beleggingsplan aangewend en is in die skool se boekjaarstate aangeteken. Die uitbreiding in die noorde is doelbewus weens Covid-19 vertraag. Die geld is beskikbaar wanneer die [skool] raad van direkteure die groen lig gee,” het hy gesê.

GIPF ‘GERUSGESTEL’

Intussen het die GIPF gesê meganismes is in plek om enige twyfelagtige beleggings wat fondsbestuurders moet laat groei, raak te sien.

“Ons is verseker die fondse wat vir die uitbreiding van die noordelike kampus geoormerk is – alhoewel dit weens vertragings nie ontplooi is nie – veilig is,” het sy woordvoerder, mnr. Edwin Tjiramba, gesê.

Vrae aan Namfisa, wat Myrtle Growth Capital as ‘n ongenoteerde beleggingsbestuurder reguleer, het onbeantwoord gebly. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!