‘Strandloper’ kom weer
Insette tot volgende Maandag moontlik
Mynbouer wat fosfaat op die seebodem wil myn, doen weer aansoek vir 'n omgewingsklaringsertifikaat.
Namibian Marine Phosphate (NMP) het weer aansoek gedoen vir ’n omgewingsklaringsertifikaat om sy mariene fosfaatmynbouprojek, Sandpiper, wat sowat 40 km vanaf Conception-baai in die Atlantiese Oseaan geleë is, van stapel te stuur.
Belanghebbendes het tot Maandag 13 Junie 2022 tyd om insette oor dié omstrede projek by die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme in te dien.
Sandpiper is ’n ambisieuse projek in NMP se mynboulisensiegebied (ML170), sowat 120 km vanaf Walvisbaai, wat beoog om mariene fosfaatsediment met behulp van ’n baggerboot uit waterdieptes van tussen 190 m en 250 m te ontgin.
Die projek het reeds in 2011 ’n mynboulisensie bekom en het in 2012 ’n vatbaarheidstudies, omgewingsimpakstudies en aansoek vir omgewingsklaring gedoen, maar hewige teenstand, veral vanaf bekommerde belanghebbers in die visbedryf, het sake belemmer.
Dit het tot ’n 18 maande moratorium op verdere ontwikkeling tot in 2015 gelei, voor ’n omgewingsklaringsertifikaat in 2016 uitgereik is.
Die Konfederasie van Namibiese Visseryeverenigings, die Namibiese Stokvisvereniging, die Midwater Treilvisseryvereniging en Omualu Fishing het egter ’n saak in die hoërhof aanhangig gemaak om dié ontwikkeling stop te sit.
Verdere openbare konsultasies het in 2018 voortgeduur, voor bykomende omgewingstudies in 2020 voltooi is en die hoërhof verlede jaar beslis het dat NMP ’n geldige mynboulisensie het, maar weer vir omgewingsklaring aansoek moet doen.
NMP se operasionele hoof, mnr. Mike Woodborne, het in ’n voorlegging vroeër vanjaar die moontlike opbrengs van Sandpiper benadruk.
Volgens Woodborne kan die projek tot 600 direkte en indirekte werksgeleenthede in Walvisbaai skep en ’n jaarlikse inkomste van N$4,2 miljard genereer.
Die ontwikkeling van infrastruktuur sal N$1 miljard beloop, met ’n bykomende N$5,2 miljard vir die volledige ontwikkeling van die aanleg, sê hy.
Woodborne sê die regering sal baat by N$650 miljoen se belasting per jaar, plus jaarlikse tantieme van N$78 miljoen.
Die fosfaat sal in 3 mm wye, 0,75 m diep rye ontgin word, wat op die vaartuig uit die sediment onttrek sal word, met die oorskiet wat weer in die see gestort sal word. Die vaartuig sal dan die erts by die hawe aflaai. Die erts sal dan deur middel van ’n pyplyn na die aanleg vervoer word, waar dit verwerk sal word. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie